Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 333 of 346

Die Here gaan saam in 2018!

Lees: Jesaja 52:1-12
Teks: Jesaja 52:11,12

Om die nuwe jaar van 2018 te betree vra van ons om net op die Here te vertrou. Dit sal egter ook kos dat ons onthou wie en wat ons nou eintlik is: Ons het ‘n nuwe identiteit in Christus ontvang. Ons is sy volk. Ons is sy bruid. Hy kom ons haal. Ons berei ons voor vir sy koms. Die jaar 2018 gaan die Here ons die geleentheid gee om ons werklik voor te berei, sodat ons gereed is vir sy wederkoms.

Laai af

Datum of doel?

Lees: Jesaja 9; Galasiërs 3:21-4:7
Teksverse: Galasiërs 4:4,5

Kersfees is nie ’n oorspronlike Christelike fees nie. Dit kom van die vermenging van die heidense feeste waarin die son en maan en bome aanbid is. Tydens die verklaring van godsdiensvryheid wou Konstantyn die nominale christene tegemoet kom en is verskeie heidense feeste in die christelike geloof ingebring. Die sg. ‘datum’ van Christus se geboorte word die eerste keer op die Romeinse almanak in 354nC as 25 Des aangedui.
Ons moet dus baie versigtig wees met die wyse waarop en die rede waarom ons een dag in die jaar sou afsonder om die geboorte van die Here Jesus te gedenk, terwyl die Bybel nêrens sulke voorskrifte gee nie.

Laai af

JESUS: Hoe of wat noem jý Hom?

Skriflesing: Matteus 1:18-25
Teksvers: Matteus 1:21

Die Naam Jesus beteken Verlosser, Redder (Eng: Savior). Eintlik kom die Griekse woord: sōzō uit die militêre milieu en beteken om iemand (of selfs ‘n beleërde stad) uit diepe nood te red. Dit is ook gebruik in die seilvaart waar skepe in groot nood geraak het.

Jesus is ons Verlosser. So word Hy deur God genoem. So word Hy ook deur sy ouers en die mense genoem. Hoe noem jy Hom?

Laai af

« Older posts Newer posts »