Page 153 of 332
Skriflesing: Tit 3:1-11
Teksvers: Tit 3:5
HK Sondag 3
Het u al die volgende verskonings gehoor?
- Ons het onsself nie gemaak nie.
- Ek het nie gekies om gebore te word nie.
Maar volgens die Skrif is ons geskape…
- As beelddraer van God.
- Heerser oor die aarde.
Dordtse leerreëls hfs 3,4 par 12
“Dit is die Wedergeboorte, die nuwe skepping, die opwekking uit die dood en die lewendmakend, waarvan die Skrif so heer-lik spreek, wat God sonder ons in ons werk.”
Wat het die wedergeboorte dan nou ten doel?
Skriflesing: Jesaja 11:1-16
Teksvers: Jesaja 11:1
Die vyeboom word vervloek en verdroog omdat dit nie vrug dra nie. Tog is daar profeties uit die geskiedenis ook ‘n dieper betekenis aan ‘n droë stomp uit die geslag van Isai, waaruit daar ‘n loot sal groei wat vrugte dra. Wat beteken dit dat Israel ‘n droë stomp is? Watter loot is dit wat sal vrug dra?
Ons staan vanoggend stil by hierdie profesie uit Jesaja oor die koms van die Verlosser, wat ook nuwe lewe in ons wek.
Toe die volk deur die woestyn getrek het, het elke stam ‘n banier gehad. Dit was ‘n vlag of embleem wat gedien het as aanwysing. Hierdie banier het die norme en waardes en identiteit van elke stam voorgestel. Ons vind dit vandag nog, dat baie maatskappye so ‘n embleem het. Selfs ‘n land se vlag is so ‘n banier. Wanneer jy die vlag of banier sien, dan weet jy onmiddellik waarvoor dit staan.
‘n Banier word gewoonlik hoog opgehys op ‘n paal sodat almal dit van ver af kan sien. So is die Christus ook ‘n banier. Hy wat self op die houtpaal gehang is tussen hemel en aarde, Hy is die banier, die teken van God se genade en vrede en oordeel!
Hy wys op die teken van God se verlossingswerk. Christus self is die banier wat ons norme en waardes vasstel. Hy is die vlagskip wat die weg oop baan waarop ons elkeen Hom moet navolg! By Hom sien ons die verskriklike oordeel van God oor die sonde, maar ons sien ook die uitnemende liefde van die Vader.
Hy is die teken van ‘n nuwe eksodus. Nie meer ‘n uittog uit Egipte na ‘n land van melk en heuning met voorspoed en welvaart nie, maar na ‘n ewige Kanaän. ‘n Land van vrede, waar die bome hulle vrugte gee, elke maand van die jaar. ‘n Land waar daar ware rus is, waar daar nie meer moeite en sweet is en vervloeking nie!
Hy sal sy banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom al die kinders van God wat verdryf is oor die oppervlaktes van die aarde. Christus self versamel sy kerk. Hy maak weer ‘n grootpad vir sy volk om hulle uit te lei uit die slawerny van die sonde. Hy koop hulle los van die vyand en die dood om onder sy vaandel, sy banier saam te kom.
Jesus Christus is die banier van ons sonde-vergifnis. Hy is die banier van ons vrede! Hy is die banier wat opgerig is waaronder ons kan skuil! Deur sy krag en genade het Hy die dood gesterf en aan ons die Gees gegee tot wysheid, verstand, raad, sterkte kennis en vrees van die HERE.
Gaan dan in Sy vrede, en leef onder Sy Banier!
Lourens (vdm)