Skriflesing: Rom 13:1-14 Teksvers: Rom 13:1,2,4 HK Sondag 39
Ons kan met blymoedigheid en vreugde lewe, want God het absolute seggenskap, gesag en mag oor die hele wêreld. Blymoedig en vreugdevol omdat God grense vir die mens gestel het.
Want grense bring vir ons vryheid.
Vryheid om niks en niemand te vrees nie.
Solank jy binne die grense bly is jy veilig en geborge.
Die HERE sonder ons af van ons vyande. Die deurtog deur die Rietsee was van uitsonderlike betekenis vir die volk Israel. Hierdeur het God hulle bevryding van die slawerny in Egipte bevestig. Deur sy oordeel oor sy vyande gee Hy vryheid vir sy volk dat hulle nooit weer die Egiptenare hoef te vrees nie. Des te meer mag ons terugkyk op Christus wat ons van die slawerny van sonde verlos het deur ons vyande te oorwin. Die doop beeld af hoe ons eenkant geplaas word van die sonde, soos die Rietsee vantevore reeds daarop gewys het (vgl. 1 Kor. 10:2).
Die HERE sonder ons af vir Homself. Die HERE sonder sy volk nie net af van hulle vyande nie, maar Hy sit hulle in besonder eenkant vir Homself. Die verlossing deur die Rietsee heen moes vir hulle daarop wys dat hulle aan God alleen behoort. Dit is dieselfde belofte waarop ons gewys word deur die doop – dat God Homself aan ons verbind as ons Vader. Ons word opgeroep om van ons vryheid te geniet in Christus alleen, deur Christus en tot eer van God alleen.
Ons kom nou ‘n derde teksvers wat ons roep om oop oë gelowig te wees. Sien die Nagmaal as God se tekens van sy goedheid. Kom kerk toe en sien hoe hoe goed Hy ons ken en hoe lief hy ons werklik het, ten spyte van die feit dat Hy selfs ons sonde ken.
En vandag word ons opgeroep om vér te sien. Diep te kyk. Gelowig te wees en in alles die komende Here Jesus Christus raak te sien.
Dit gee troos en moed om tot die einde toe te volhard.
Hierdie Psalm, die eerste 15 verse, het Dawid laat sing by die feesviering toe die ark in die spesiale tent aangebring is. 1 Kron 16:7-22. Dit is ’n loflied wat God se verbond met sy volk Israel beskryf. Dit handel oor God se genade met Israel van Abraham af tot by die inbesit-neem van Kanaän. In hierdie Psalm word baie sterk klem gelê op God as Jahwe, die Here, die verbondsgod en sy genade met sy volk. Aan die verbond self word daar ten minste drie verse afgestaan. Ons kan die Psalm in vier groot dele indeel:
God se genadige verbond met sy kinders. v.1-15
God se wyse voorbereiding vir die uitvoering v/d verbond. v.16-25
God se ongelooflike leiding en versorging v/d verbondsvolk. v.26-41
God se onbreekbare trou van sy verbond. v.42-45
God het sy verbond gesluit met Abraham en sy nageslagte tot in die duisendste geslag. So word hierdie verbond ook vanmôre aan ’n verbondskindjie beseël met die doop.