Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 76 of 192)

O, wortel van die kwaad!

Skriflesing: Genesis 37; Matteus 26:1-5; Heb 12:14,15
Teksvers: Genesis 37:18-20
HK Sondag 40

Dit sou u nogal goed doen om weer ‘n slag die hele geskiedenis van Jakob en sy vrouens en kinders te lees – Gen 28-37. In hierdie tien hoofstukke gaan dit in wese oor hoe God ten spyte van sonde sy heilige wil uitvoer en dat die bose (mens of duiwel) nie sy raadsplan kan verydel nie.

Die fokus by vanaand se prediking is egter die moord- en haat-gedagtes van die broers van Josef. In die verklaring van die sesde gebod (Son 40) gaan dit natuurlik om meer as net die daad van moord. Hier is moord sonder dat iemand doodgaan!
Hoeveel keer pleeg ons moord sonder dat iemand letterlik sterf?

Bid vir God se bewaring in die Woordverspreiding

Skriflesing: 2 Tes 3:1-5
Teksvers: 2 Tes 3:1

Daar is orde in die lewe. Hierdie orde moet die Woordverspreiding ondersteun en ten grondslag wees. Die Bybel moet gebruik word om die evangelie te versprei, daarom moet ons op God alleen vertrou want Hy is getrou. Hy alleen sal sy kinders bewaar en versterk om evangelisasiewerk te doen.

  • Paulus vra voorbidding.
  • Paulus vra voorbidding vir evangelisasie.
  • Paulus vra voorbidding vir bewaring.
« Older posts Newer posts »