Kategorie: Preke (Page 74 of 192)
Skriflesing: Matteus 7:1-14
Teksvers: Matteus 7:12
HK Sondag 42
Die opdrag van ons teksvers het mettertyd in die kerk bekend geraak as die Goue Reël van die lewe:
“Alles wat julle wil hê dat die mense vir julle moet doen, doen ook so vir hulle”.
Hierdie teksvers is dan ook die eerste en vernaamste Skrifverwysing by die verklaring van die Agste Gebod (Hk Son 42). Laat ons bietjie dieper nadink oor hierdie goue reël wat ons by Jesus leer en probeer dan nadink of Hy ons Leermeester hierdie reël self onderhou het!
Skriflesing: Sagaria 3:1-10
Teksvers: Sagaria 3:8
Sagaria, die profeet sien merkwaardige openbaringe van die HERE. In hierdie vierde naggesig, sien hy Josua die hoëpriester wat aangeklae word deur die duiwel. Die kerk staan skuldig en sondig voor die HERE. Hierna volg die uitspraak deur die HERE as Regter. Hy beoordeel en maak sy bevinding waarna Hy veroordeel en vryspreek. Dan volg die opdrag. Eers die opdrag aan Josua, wat hy moet doen en dan wat die HERE self gaan doen. Hy sal sy Kneg, die Spruit, laat kom.
Wat is jou antwoord as jy vandag voor die HERE se regterstoel moet staan?