Skriflesing: 2 Kon 24:8-17, 25: 27-30; Joh 1:1-14 Teksvers: 2 Kon 25:27d
“In die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van koning Jojagin van Juda, op die sewe en twintigste van die twaalfde maand, het Ewil-Merodak, wat pas koning van Babel geword het, vir koning Jojagin van Juda uit die gevangenis vrygelaat.”
Skriflesing: Ex 34:29-35; 2 Kor 3:1-18; Heb 10:19-25 Teksvers: 2 Kor 3:18
Moses moes ‘n sluier oor sy gesig dra sodat die Israeliete nie kon sien dat die glans wat daaruit gestraal het al flouer geword het nie. Dit nadat Moses in God se teenwoordigheid was toe hy die tien gebooie ontvang het.
Vandag moet ons die heerlikheid van die Here weerspieël in ons lewens. Ons kan dit doen omdat die voorhangsel geskeur is met Jesus se kruisiging. Dit kan net gebeur deur die werking van die Heilige Gees. Die vraag is aan elkeen van ons, weerspieël ons die heerlikheid van die Here in ons lewens of is ons bloot wettisties om God daardeur te wil dien?
Moses se gesig blink omdat hy met God gepraat het.
Die voorhangsel het geskeur sodat ons direk met God praat.