Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 70 of 192)

Rig jou oë op die Here

Skriflesing: 2 Kronieke 20:1-30
Teksvers: 2 Kronieke 20:12
HK Sondag 45

Koning Josafat sit vasgevang in ‘n geweldige krisis. Daar is ‘n leermag oppad waarteen hy sy eie volk nie kan verdedig nie. En hulle is al baie naby. Engedi is nie verder as twee dae te voet van Jerusalem af nie. 

Wat sal jy doen as die oorlog op jou voorstoep dreig? Josafat bid. En hy laat roep ‘n vasdag uit. Hy soek sy hulp van die Here. Hy beroep hom op die beloftes van God. 

Ons staan vanaand stil by die aangrypende gebeurtenis waar God self ingryp en vir sy volk oorlog voer, omdat hulle bid. 

Dien die Here met blydskap, as gemeente saam!

Skriflesing: Psalm 100
Teksvers: Psalm 100:4-5

Juig, dien, blydskap, jubel, dankliedere, lofsange, prys sy Naam!
’n Dankpsalm. ’n Psalm by uitstek wat tot eer van God gesing word.

’n Psalm wat die verbond so pragtig bekragtig en verduidelik. ’n Psalm vir die gemeente by die aanvang van die nuwe jaar.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • Juig tot eer van die Here.
  • Erken die Here.
  • Dien die Here as gemeente saam.

Uit Egipte het God sy Seun geroep

Skriflesing: Mat. 2:1-23
Teksvers: Mat. 2:13-15

In Matteus 2 lees ons van die verskriklike en moordlustige plan van Herodes wat op die eerbewyse van die sterrekykyers kindertjies uitmoor. Hoe listig die plane van die satan ook al mag wees, beskik God sy ewige raadsplan. ‘n Engel waarsku Josef om na Egipte te vlug.

Hieruit ontstaan baie vrae: Waarom het hulle nie saam met die wyse manne na die Ooste gegaan nie? Waarom moes soveel kindertjies sterf? Waarom word al die klein kindertjies nie ontruim nie?
Ons staan vanoggend stil, met die oog op die nuwe jaar met die tema: uit Egipte het God sy Seun geroep.

Hy sal Nasarener genoem word

Skrifgedeelte: Matteus 2:13-23
Teks: Matteus 2:22-23

Nie minder nie as drie aanhalings uit die Ou Testament word vervul in Matteus 2. Tog is daar ‘n vraagteken by veral die derde verwysing na Jesus die Nasarener. Ons vind nêrens in die Skrif enige aanhaling of verwysing na hierdie woorde nie.

Ons staan vanaand stil by die derde aanhaling rakende die Christus se vervulling van die Skrifte of daar uit Nasaret iets goed kan kom.

« Older posts Newer posts »