Lees: Nehemia 8:1-19
Teksverse: Nehemia 8:9, 13
Kategorie: Preke (Page 48 of 192)
Skriflesing: Romeine 8:18-39 (1953)
Teksvers: Romeine 8:19-27
Die sonde laat ons sug. Die sondeval het die gevolg dat alles en almal aan die verganklikheid (ydelheid) en nietigheid onderworpe is. Selfs die natuur kerm en is in in barensnood. Dit is soos ‘n vrou op die kraambed – ‘n wêreld in pyn!
Die Skrif leer ons dan dat daar, sedert die val in sonde destyds in die paradys, vreeslik gesug word.
Aan die einde van die jaar 2023 is ons ook maar uitgeput van die jaar se dinge. Ons sug ook. Maar ons rek ook ons nekke om verder te sien en vorentoe te kyk.
Skriflesing: Matteus 1; Fil 3:5-14; Joh 1:12; 2 Kor 5:17 (1983)
Teksvers: Matteus, 1:1,16
Elke mens het ‘n storie. Jou lewensverhaal. Hoogte-en laagtepunte. Jy skryf maar daagliks aan jou eie reputasie.
Mense is geneig om baie ongenadiglik gereeld jou skuldverlede op te diep. Hulle verwyt en verwys na die geraamtes in jou kas. Biografiese skrywers se kos is die intriges van ander mense se lewens!
Die Here is anders. Hy vergewe dié wat by Hom skuil en gee werklik die geleentheid van ‘n nuwe begin!
Skriflesing: Mark 6:1-6; Luk 2:1-10 (1983)
Teksvers: Mark 6: 3a, 4
Engele het aan ‘n timmerman Josef, wie se verloofde Maria was, die berig gebring dat sy swanger sou word, deurdat die Heilige Gees oor haar sou kom. ‘n Timmerman, wat sekerlik goed van inbors was, omdat hy getrou was aan die wet van Moses. Hy het die opdrag gekry dat die Baba wat gebore sou word, Jesus genoem moes word.
“Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” (Luk 1;32,33)
Hierdie Baba, sou die seun van ‘n Timmerman, Josef sy aardse pa, wees.
Skriflesing: Matteus 25:13-30 (2020)
Teksvers: Matteus 25: 28-30
Almal hou van geskenke. Veral as jy iets kry wat jy graag wil hê, maar dit nie self kan koop nie. In hierdie bekende gelykenis sien ons hoe verskeie persone “talente” kry.
Hierdie talente is nie soos ons dit soms wil verstaan as ‘n talent wat jy het nie, dit is ‘n verwysing na ‘n geldeenheid van omtrent 36kg goud. ‘n Talent is dus baie waardevol. Die vraag hier gaan nie oor die hoeveelheid talente wat jy ontvang nie, maar wat jy daarmee doen.
God gee aan ons gawes en talente, Hy seën ons, sodat ons tot seën sal wees. So word jy die geskenk, van dit wat jy self ontvang.
Skriflesing: Matteus 20:1-16 (2020)
Teksvers: Matteus 20:15
HK Son 24
Elke boontjie kry sy loontjie. Of ten minste so wil ons dit graag hê. Dat elke mens hulle verdiende loon sal ontvang.
Vir die wat goed doen, behoort daar ‘n goeie loon te wees en vir die wat kwaad doen, behoort daar ook ‘n verdiende loon te wees. Waar dit hier gaan om ons geloof en die werk van die Heilige Gees, is die vraag of ons nie deur goeie werke ook onsself kan regverdig voor God nie? Kan ons nie tog iets doen om op te maak vir ons sonde nie?
Ons staan vanaand stil by die gelykenis van die loon met die oog op die Nagmaal.