Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 46 of 192)

God bemoedig ons deur Christus sodat ons ander kan bemoedig

Christus bemoedig ons oorvloedig 

Skriflesing: 2 Kor 1:1-11
Teksvers: 2 Kor 1:1-11

Die lewe is nie altyd maklik nie. Daar is talle uitdagings vir elke mens, persoonlik, in familieverband, in werksverband of skoolverband. Daar is ook uitdagings in jou geloof, in jou diens aan God. Hoe kan jy daarmee saamleef en hoe moet jy dit hanteer? Paulus begin dadelik en stel dit duidelik dat God, die Vader van ons Here Jesus Christus, sy kinders bemoedig, dit is vertroos en dra. Duidelik stel Paulus dit dat God ons in elke omstandigheid, in elke moeilikheid, in elke swaarkry bemoedig. En dit is vanweë God se bemoediging dat ons ook ander kan bemoedig. 

  • Wat God vir ons is.
  • Wat God vir ons doen.
  • Wat God deur ons doen. 

Die Sleutel wat oopsluit

Skriflesing: Jesaja 22:15-25; Open 3:7-13; Joh 17:1-26
Teksvers: Jes 22:22-25; Open 3:7,8; Joh 14:6; 17:17b
HK: Sondag 31

Almal ken sleutels. Sleutels wat oop en toesluit. Belangrike plekke het gewoonlik “’n sleuteldraer”, iemand wat besluit wanneer ’n deur oopgesluit en wanneer die deur toegesluit moet word. Spesiale plekke het daarom sekuriteit en goeie deure en slotte om dit te beskerm en daarom moet die sleuteldraer spesiale sorg aan die dag lê, vir wie en wanneer en hoe hy oop en toesluit. 

  • Eljakim kry die sleutel om te dra. Jes 22:20-22
  • Jesus Christus is die sleutel na die hemel. Open 3:7
  • Die Woord sluit vir ons die ewige lewe oop. Joh 17:17b 

Nuut gemaak om nuut te lewe

Skriflesing: 2 Korinthiërs 5
Teksvers: 2 Korinthiërs 5:17

Ons skop die jaar se Woordbediening af deur ‘n kykie na die tema-teks. 

“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” 

(II Kor 5:17 AFR53) 

Hierdie woorde word nie gestel as ‘n droom of belofte of ideaal nie maar as ‘n gegewe waarheid. Dan word dit iets soos ‘n maatstaf vir ons stand van sake in ons geloofslewe. 

Die vraag kom dus na elkeen van ons. Hoe lyk jou lewe van heiligmaking? Ons, sal deur die loop van jaar gereeld aan hierdie tema aandag gee. 

NS. Volgende Sondag begin leeraars met ʼn reeks prediking oor die boek 2 Kotintiërs. 

God beskerm en seën deur die water heen…

Skrifgedeelte: Psalm 114
Teksverse: Psalm 114:3

Psalm 114 lyk op die oog af na geen besondere openbaring van die Here nie… Dit is asof daar `n paar feite meegedeel word oor die uittog uit Egipte, met die beloofde land in gedagte. In hierdie verbond van God, waarin Hy die belofte van `n land en `n nageslag stel, sien ons hoe die Here op `n besondere wyse hierdie seën, hierdie gawe aan sy volk toebedeel. Want toe Israel uit Egipte getrek het en die land Juda as heiligdom ontvang het, en Israel as erfenis, het die Rooisee dit gesien en gevlug, en die Jordaan rivier het agteruit gewyk.

In hierdie klaarblyklike eenvoudige versie, beskryf dit twee watermassas wat as getuienis dien van God se werke. Aan die een kant die Rooi see, en aan die ander kant die Jordaan rivier. En tussenin hierdie twee, lê daar 40 jaar se woestynlewe.

« Older posts Newer posts »