Skriflesing: Josua 14:6-15; Johannes 18:28-40; Hand 5:29-42
Teksverse: Josua 14:13, 14
Kategorie: Preke (Page 3 of 180)
Skriflesing: Handelinge 27
Teksverse: Handelinge 27 :21-23,44
Het jou planne hierdie afgelope jaar dalk anders uitgewerk as wat jy dit wou hê? Paulus sou seker ook liewer ‘n vryman wou wees en voortgaan met sendingwerk. Nou is hy ‘n gevange op ‘n skip wat vergaan!
Nogtans sien hy in elke situasie ‘n uitdaging om sy roeping daarin te vervul. Hy beskou die omwentelinge van die lewe as ‘n beskikking van God en ‘n roeping om daar en dan ‘n getroue getuie van Christus te wees.
Kan ons ook die omstandighede uit die Vaderhand aanvaar as ‘n geleentheid om van die genade van God in Christus te getuig?
Skriflesing: Johannes 1:1-14 en Joh 19:17,18 28-37 (Jes 53:1-5)
Teksverse: Johannes 1:14
Kyk ons terug op die afgelope jaar dan lê daar die herinneringe van pyn, hartseer en verdriet… en mislukkings en teleurstellngs. Dis net as ons verstaan dat Jesus waarlik mens geword het soos ons, dat ons begryp dat Hy werklik ons nood en seer en siektes kom dra het!
Skriflesing: Johannes 1 en Genesis 28:10-17; Matteus 2:19-23 [Jesaja 53]
Teksverse: Johannes 1:46
Die woordjie “skimp” beteken dat jy sê iets met ‘n dieper slegte bedoeling en betekenis. Neerhalende gedagtes wat uit jou mond glip.
Mens is mos wat jy dink. Hoe dink jy oor Christus? Daar is baie mense in die wêreld vandag wat niks van Hom dink nie? En jy??
Skriflesing: Obadja 1 (2020)
Teksvers: Obadja 1:4
Aanvanklik het die Here vir Israel gestraf, omdat hulle aan die Here ongehoorsaam was. Toe hulle egter in ballingskap weggevoer was en probeer vlug het, het die Edomiete teen die Israeliete opgetree. Volgens Jeremia 49:9-16 het die Edomiete-hulle (Esau se nageslag) teen hulle broers (Jakob se nageslag) opgetree. Die tragiek van ‘n “broer-se-nageslag” teen ‘n ander “broer-se-nageslag” word hier uitgelig.
Die Edomiete woon hoog en veilig in hulle vesting en voel onaantasbaar, maar die Here kom en straf die nageslag van Esau omdat hulle teen die Here se volk geveg het, hulle doodgemaak het en vervolg het. Die Edomiete het in hoogmoed hulleself as onaantasbaar beskou.
Die Here maak die mense wat in hoogmoed en selfvoldaanheid lewe, nederig.
Skriflesing: Lukas 1:26-38 (2020)
Teksvers: Lukas 1:35
In die oë van die Jode is Nasaret nie ‘n noemenswaardige plek nie. Inteendeel dit word verag, want sê hulle: Kan daar iets goed uit Nasaret kom? In hierdie eenvoudige dorpie in ‘n eenvoudige huisie woon ‘n arm en eenvoudige plattelandse meisie wat opreg is in haar geloof en godsdiens!
Skielik verskyn die engel Gabriel aan haar! Dit is ‘n verskyning wat sy in die minste verwag het en nog meer as dit, is die woorde van die engel vir haar sê: “Wees gegroet begenadigde! Die HERE is met jou, geseënd is jy onder die vroue”