Kategorie: Preke (Page 131 of 192)
Skriflesing: Ef 5:6-33
Teksvers: Ef 5:21
HK Sondag 41
Wat bepaal die verhouding waarin jy staan? Of dit nou ‘n vriendskapsverhouding, ‘n verlowingsverhouding, ‘n huweliksverhouding of watter verhouding ookal is. Want elke mens staan in ‘n verhouding ten opsigte van ‘n ander. As dit ‘n gesonde verhouding is, is daar omgee en begrip en liefde vir mekaar. As dit ‘n ongesonde verhouding is, is daar krapperigheid en dit kan ook daartoe lei dat die verhouding skipbreuk lei. In die huwelik is Jesus Christus die maatstaf van alle verhoudings. Daarom gaan ons na drie sake kyk:
1 Die begronding van alle verhoudinge. Ef 5:9
2 Die uitleef van alle verhoudinge. Ef 5:16
3 Die resultaat van alle verhoudinge. Ef 5:21
Skriflesing: Hand 8:1-4; 9:1-20
Teksvers: Handelinge 9:15
Magteloosheid wat lei tot ‘n lewe sonder betekenis, bring ‘n gebrek aan waardes waarna jy jouself afsonder en isoleer en uiteindelik vervreem van alles en almal wat bekend is en vir wie jy lief is. Dit is die hartseer verhaal van menige mense die wêreld oor. Mense met stukkende lewens, ‘n verwronge identiteit, gebroke verhoudings, en ‘n hopelose toekoms.
Vir soveel mense, wie se lewens ‘n bloedspoor trap, voel hulleself so vervreem en vuil van die sonde, dat hulle hulleself die genade van God nie waardig ag nie. Dalk voel jy ook jy verdien nie God se genade nie omdat jy te sondig is…
Ons staan vanoggend stil by die lewe van Saulus, wat Paulus word, die vervolger van die Christene wat deur God se genade ‘n tweede kans kry deur sy geloof in Jesus Christus. Amen
Skriflesing: 1 Johannes 3:1-24
Teksvers: 1 Johannes 3:15
HK Sondag 40
In Hom is die lig, en die lig is die lewe van die mense… So getuig Johannes oor Christus. Christus is lewe. Hy gee lewe uit die dood. En hierdie lewe rig die mens op die ewige. As God lewe gee, en sy lig in jou skyn deur Sy liefde, kan jy nie anders as om God ook lief te hê nie. Elkeen wat God liefhet, sal ook sy naaste liefhê.
Dit is die wese van die 6de gebod. Die lewensgebod. God se liefde, waardeur ons lewe. As hierdie liefde nie sigbaar word in ons lewe nie, beteken dit ons is geestelik dood.
Ons staan vanaand stil in die lig van die 6de gebod by 1 Johannes 3:15 “Elkeen wat sy broer haat, is ‘n moordenaar, en geen moordenaar het die ewige lewe blywend in hom nie.”
Skriflesing: Spreuke 30:24-28; 2 Kon 5:1-18
Teksvers: Spreuke 30:28; 2 Kon 5:2,3,9,10,15
Vier klein dingetjies op aarde met buitengewone wysheid
“’n Geitjie kan jy met die hand vang en tog kry jy hom in koninklike paleise.”
‘n Geitjie is ‘n brose soort akkedissie. Ons sien hom dikwels in huise waar hy teen mure sit. In die aand sit hy by ‘n lig en vang muskiete en allerhande klein goggatjies. ‘n Geitjie is ook baie weerloos en daarom is hy skugter en kruip weg sodat jy hom nie maklik kan sien nie. Jy vang hom baie maklik met die hand. Omdat hy egter so skugter is kruip hy ongesiens selfs in paleise weg.
So lees ons ook van ‘n klein dogtertjie, naamloos en tog was sy instrumenteel in ‘n leeraanvoerder se herstel van melaats-heid. Is jy in God se diens? Is jy diensbaar vir God?