Kategorie: Preke (Page 128 of 192)
Skrifgedeelte: Ester 4:1-17
Teksverse: v.16
HK: Sondag 45
Die afgelope week is die VSA se kongres geopen met ‘n gebed aan die “monotheistiese god, brahma en god wat baie mense ken aan verskillende name en baie verskillende dinge” en afgesluit met die woorde: “Amen and a women”.
Om te bid is nie maar net om te bid nie! As ons bid is daar baie meer in as net om ‘n godsdienstige plig te pleeg. Om te bid is om te aanbid!
Ons staan vanaand stil by Sondag 45 van die HK met verwysing na gebed soos verhaal in Ester met die tema: Gebed is aanbidding
Amen
Skrifgedeelte: Ps. 19:4; 1 Kronieke 16:1-36
Teksverse: v10
Dit is maklik om deur teleurstellings moed op te gee. Dawid het met groot opgewondenheid die verbondsark vanaf Kirjat Jearim na Jerusalem wou terugbring nadat die Filistyne dit gesteel het, maar toe sterf Ussa. Dawid was verpletter. Sy geloof was ten diepste beproef.
Drie maande later verander sy benadering en sy gesindheid, en deur die Skrifgetroue benadering van die priesters wat die ark dra, word die verbondsark in Jerusalem na ‘n nuwe tuiste gebring. Dan roep Dawid uit: Laat die harte van die wat die HERE soek, bly wees…
Ons staan vanoggend stil by dit wat gelowiges bly maak. Amen
Skriflesing: Gen. 3
Skriflesing: Ex 20:17; Gal 5:13-25
Teksvers: Gal 5:16-18
HK Sondag 44
‘n Rooms Katolieke Priester het eendag gesê, hy het na duisende mense geluister wat hulle sondes kom bely het, moorde, diefstal, egbreek, steel, laster ens. Hy het van al nege die eerste gebooie belydenisse van oortredings gekry, maar nooit van die tiende gebod nie. Nooit het iemand gesê: “Ek bely dat ek van verkeerde begeertes brand nie.”
Dit is sekerlik omdat ons begeertes dikwels verborge in ons harte lê waar niemand dit kan sien nie, buiten God. Daarom dink ons ons hoef dit nie te bely nie of dit is dalk nie so erg nie.
Ons begeerte moet daarom wees om te leef volgens die vrug van die Gees. Dit moet ons begeerte wees.