Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 127 of 192)

Maranata! Laat u Koninkryk Kom!

Skriflesing: Openbaring 22; I Korintiërs 16:22
Teksvers: Openbaring 22:20
HK Sondag 48

“Laat die genade kom en laat hierdie wêreld verbygaan! Amen.
Hosanna vir die Seun van Dawid!
As iemand heilig is, laat hy kom!
En as iemand onheilig is, laat hy hom bekeer!
Maranata! (I Kor 16:22) Amen”


Dié woorde kom uit die eerste eeu n.C. uit die geskrif DIDACHé as aantekening by ons teksvers Op 22:20. Byna 2000 jaar later het die Here nog nie hierdie gebed verhoor nie… wel nog nie volledig nie. Die koninkryk se koms het immers ‘n ‘reeds en ‘n nog-nie’-perspektief, want die koninkryk is hier én aan die kom, en dààrvoor leer die Here Jesus ons bid in die tweede bede. Die koms van die koninkryk geskied op verskeie wyses en ons kyk daarna onder die volgende punte:

  • Die (weder)koms van Christus.
  • Die koms in mense-harte.
  • Die koms deur mense-hande.
  • Die koms deur ons mense-stryd.

Die HERE vind vreugde in opregtheid

Skriflesing: 1 Kronieke 29:1-25
Teksvers: 1 Kronieke 29:17, 22

“Ek weet, my God, dat U harte toets en vreugde vind in opregtheid” Hierdie woorde sny deur die hart van die mens. Ons wat so geneig is om voor te gee wat ons nie is nie. Ons wil tog so graag “oorspronklik” wees. Maar in ons strewe na opregtheid leef ons met valse harte. Ons dra maskers wat nie ten doel het om die kieme weg te hou nie. 

Ons staan vanoggend stil by die vreugde van die HERE in die opregtheid van die harte van sy kinders, as hulle Hom dien met al die skatte wat Hy self gee. Daarin sien ons ook die blydskap om te gee. Dit maak ‘n mens blyer om te gee, as om te ontvang. Amen 

Die huis van gebed moet nie ‘n rowerspelonk wees nie

Skriflesing: Jeremia 7:1-34; Markus 11:12-26
Teksvers: Markus 11:9-11
HK Sondag 47

“Mag die koning ewig lewe” so het die mense van ouds die koning gegroet. Want niemand wat met ‘n koning begin te praat val net weg en vertel hom hoe sleg hy is en wat hy alles verkeerd doen nie. Dit is immers die koning. En al is hy ‘n slegte koning, beklee hy ‘n waardige posisie.

Soveel te meer vir die ware en ewige Koning voor wie ons neerbuig in aanbidding. In die eerste bede leer ons Here Jesus ons om te bid: “Laat U Naam geheilig word.” Want daarmee moet ons afsien van ons eie begeertes en belange om te fokus op die waardigheid van God.

Ons staan vanaand stil by hierdie eerste bede in die lig van Jeremia se verskrikking en ons Here Jesus se woede met die tema: Die huis van gebed moenie ‘n rowerspelonk wees nie.

Amen

Wapens vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen

Skriflesing: 2 Kor 5:11-6:12: Ef 6:10-20
Teksvers: 2 Kor 6:6,7; Jes 55:6

‘n Bekende en tog ‘n onbekende vyand is besig om die wêreld aan te val. Ons is almal baie bang vir hierdie vyand wat ons nie kan sien nie, maar die gevolge van sy teenwoordigheid beleef. Ons beleef die gevolge met inperkings, met siekes met oorvol hospitale, met selfs die dood. Die vyand self, die Covid 19 virus met al sy variante, kom van Satan self. Die doel is om God se kinders van Hom af weg te trek vanweë ongeloof, kleingeloof, dalk verwyte ens. Op allerlei manier is die Satan elke dag besig om die kerk, Christene aan te val en te probeer oorwin. Paulus verduidelik hier aan die gemeente van Korintiërs sy wapens, aanvals- en verdedigingsmetodes en sy doel met sy dienswerk in hierdie stryd.

  • Paulus se wapens.
  • Paulus se aanvals en verdedigingsmetodes.
  • Paulus se doel.
« Older posts Newer posts »