Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 110 of 192)

Slegs Jesus Christus kan red

Skriflesing: Matteus 7:1-29
Teksvers: Matteus 7:21-23
HK Sondag 11

Jesus Christus is die Enigste Verlosser. Maar nie elkeen wat vir die Here Jesus “Here” sê sal ingaan in die koninkryk van God nie.

Hierdie woorde is hard en voel koud. Nie alle mense sal gered word nie. Dit is natuurlik totaal in teenstelling met hoe Jesus se verlossing vandag voorgestel word. Ons hoor baie hoe goedkoop hierdie verlossing gemaak word deur mense wat beweer dat Jesus vir almal gesterf het. Of die uitdrukking: Jesus is lief vir almal.

Ons staan vanaand stil by ons belydenis rakende Jesus Christus as Enige en Ware Verlosser. Amen

Noag se ark is simbolies van die doop van God se genade

Skriflesing: 1 Petr 3:13-22
Teksvers: 1 Petr 3:20

Die simboliese betekenis van die ark wat Noag gebou het, is baie meer as net ‘n blote boot waarop diere en agt mense gered is van ‘n watermassa. Dit is ook ‘n teken van die doop. Die formuliergebed by die doop lui as volg: “U het volgens u streng oordeel die ongelowige en onboetvaardige wêreld met die sondvloed gestraf en die gelowige Noag met sy gesin – agt mense – deur u groot barmhartigheid gered en bewaar;…waardeur die doop afgebeeld is.”

Noag se ark was ….

  • ‘n gehoorsaamheidsdaad 1 Petr 3:20
  • ‘n waarskuwingsdaad 1 Petr 3:20
  • ‘n reddingsdaad 1 Petr 3:20

God wat alles voorsien, moet aanbid word

Skriflesing: Psalm 39; Rom 8:37
Teksvers: Psalm 39:10
HK: Sondag 10

Die Vader van Jesus Christus is ook ons Vader! (Sond 9) ’n Vader wat sorg. ’n Almagtige God wat omvattend sorg. Soveelso dat ons weet dat alles uit sy Vaderhand na ons toe kom.

Daar is niks wat sy oog sal mis en waar sy hand nie kan bykom nie. Daarom laat Hy geen plek vir dinge soos toeval of noodlot of blote geluk nie – die afgode van die wêreld wat nie van die heerlike voorsienigheid van die Vader weet nie. Hulle dink nog hulle lot is in hul eie hande.

Wie egter onder die besef en indruk kom van die almagtige en alomteenwoordige krag van God (Sond 10), kom selfs in die teenspoede van die lewe en buig in aanbidding van die Vader van ons Here Jesus, wat so omvattend vir ons sorg!

In Christus word ons geloofswerke sigbaar in die liefdesywer deur volharding in die hoop

Skriflesing: 1 Tessalonisense 1:1-10 Handelinge 17:1-14
Teksvers: 1 Tessalonisense 1:3

Kort nadat Paulus en Barnabas terug gekeer het van Jerusalem oor die vraagstuk van die besnydenis by die heidene, besluit hulle om op ‘n tweede sendingreis te gaan en die nuwe gelowiges te ondersteun. Silas gaan saam met Paulus en hulle besoek weer die gemeentes in Listre, Ikonium en Derbe waar hulle Timoteus vind en saam neem.

Deur die Heilige Gees word hulle gewys om na Europa te gaan. In Filippi word die eerste gemeente in Europa gestig, waarna hulle verder reis tot in Thessalonika. Na drie weke moet hulle inderhaas vlug, en kort daarna skryf Paulus hierdie brief waarin die drie sake sommer uit die staanspoor genoem word oor die

  • werk van hulle geloof
  • inspanning van hulle liefde
  • volharding van hulle hoop in Christus
« Older posts Newer posts »