Kategorie: Preke (Page 108 of 192)
Skriflesing: 2 Kor 4:16-5:21
Teksvers: 2 Kor 5:21
HK Sondag 15 + 16 Vr en antwe. 37,40,42
Die boodskap van versoening dui die grond van ons verlossing aan. Jesus Christus het ons met God versoen deur die toorn van God oor die sonde in ons plek te dra. Dit is die boodskap wat vir ons verlossing bring. Jesus se versoeningsdaad is die rede hoekom Hy vir ons betaal het sodat ons die ewige lewe kan hê.
- Jesus Christus was en is sonder sonde.
- Jesus Christus is as sondaar behandel.
- Jesus Christus is die rede hoekom ons kan lewe
Skriflesing: 1 Korintiërs 12:27- 13:13
Teksvers: 1 Korintiërs 13:13
Liefde is die groot gebod… Die Liefde is die grootste. Hierdie is vir niemand nuwe nuus nie. Die groot vraag is egter wat beteken liefde? In Afrikaans is daar baie verskillende woorde wat verskillende vorme van liefde verduidelik soos barmhartigheid, ontferming, medelye, vriendskap ens. Tog gebruik ons een begrip om verskillende vorme van liefde uit te druk. Dink bv. Jy is lief vir jou ouers, jy is lief vir jou kinders, jy is lief vir jou eggenoot, jy is lief vir jou stokperdjies, lief vir die natuur ens. Nie een van hierdie liefdevorme is dieselfde nie…
Ons sien vanoggend in die Nagmaal die hoogste vorm van liefde, die grootste van die liefde, is God. Amen
Skriflesing: 2 Korintiërs 2:12-3:18
Teksvers: 2 Korintiërs 3:-2-3
HK Sondag 12 V&A 32
Waarom word jy ‘n Christen genoem? Dit is nie ‘n vraag wat gereeld gevra word nie. Mense sal eerder vra of jy ‘n Christen is of nie. En die algemene begrip rondom Christenskap is baie breed. Enige iemand wat die Bybel lees en Jesus erken word as Christen gereken.
Tog is daar baie meer aan jou geloof as net dit wat jy op die oppervlak sien. Jou lewe is ‘n getuienis vir ander mense. Dit is ‘n ope brief vir almal om te lees. Wat staan in jou brief geskryf? Amen
Skriflesing: Gal 6:1-18; Fil 3:1-11
Teksvers: Gal 6:14-16
Elke mens moet nie te min van hom/haarself dink nie. Want God het ons elkeen uniek geskape met gawes en talente. Party het meer gawes as ander ontvang. Paulus was so ’n man. As hy wou roem, hy was raseg, uiterlik het hy alles gedoen wat van ’n opregte Jood verwag word, hy was onberispelik. En tog na hy ’n nuwe mens geword het, het hy besef dat hy alleen in die kruis van Jesus Christus kan roem.
Daarom gaan ons na die volgende drie gedagtes kyk:
’n Nuwe mens se roem is buite hom/haarself in …
- God se liefde,
- Christus se kruisdood,
- die Heilige Gees se wederbarende werk.