Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Sefanja

Die HERE is bly oor JOU!

Skriflesing: Sefanja 3:1-20 
Teksvers: Sefanja 3:17 

Die HERE wil ons harte bly maak. Hy wil hê dat ons vreugde vind in hierdie stukkende lewe. Maar ons veroorsaak soms ons eie smarte. Ons is so eiewillig en hardkoppig dat ons nie wil luister en doen wat die HERE ons leer wat vir ons goed is nie. Dink maar hoe Josia se hervorming gepoog het om die mense op te roep tot verantwoordelikheid sonder enige blywende gevolge. 

Die sonde is totaal destruktief. Dit vernietig alles. Daarom die belofte en vooruitsig: Op ‘n dag sal daar verlossing kom. Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Want Hy is bly oor JOU! Die HERE juig oor jou met gejubel. 

Deur God se oordeel oor die sonde kom daar verlossing. Dit is wat ons vandag gedenk. Almal saam. Verlossing in Jesus Christus. Die HERE is bly oor jou, vind jou vreugde in Hom… Amen

Kan God nie maar net die sonde oorsien nie?

Skriflesing: Sefanja 1
Teksvers: Sefanja 1

Die verwronge beeld wat ons van God het kom van ons eie ervaring van ouerskap. Hoeveel keer het jy nie maar net jou kind se stoutigheid oorgesien nie…? Hoe gereeld draai jy maar net weg (turn a blind eye), en maak of jy nie gesien het nie! Om te straf is immers nie lekker nie. Kinders, hoe ge-reeld het jou ouers nie al jou verskoon sonder dat jy vergifnis gevra het nie! Of sommer net nie gestraf nie, en dan dink ons dis ware ouerliefde.
Spreuke leer ons daarteenoor dat ‘n vader wat sy kind liefhet hom wel tugtig! Liefde spaar die roede nie! Maar tog wil ons liewer dat God ons sommer-so oorsien. So is Hy nie. Hy is die Heilige, die Regverdige, die Almagtige, die ewige God van heerlikheid. In sy wese kan Hy die sonde geensins verduur nie. Straf sal Hy… en Hy gaan ewig straf… want Hy moet… Hy is God. En daarom het ons troos nodig: Genade wat alleen in Christus te vinde is.

Laai af