Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 6 of 64)

Die sg. ‘vrye wil’ van die mens

Skriflesing: Genesis 2:4-17; Galasiërs 5:13-26 (1983)
Teksvers: Gen 2:16,17

Ons hoor die mense praat, en veral die media, van die ‘vrye wil’ van die mens. In ons verstaan van sonde en vloek is dit egter vreemde taal, aangesien die mens immers sy vryheid deur sondeval verloor het. 

Hoe moet ons dus oor die sonde en die vrye wil van die mens dink? 

Onthou: valse vryheid kan lei tot losbandigheid. Ware vryheid is nie gelyk aan geen reëls of geen regulasies nie. Dit is eerder die idee van die libertyne en lei tot valse vryheid. Dit is wetteloosheid en verval. 

Ware vryheid is alleen in Christus te vinde. 

Ween jy of is jy gespeen?

Skriflesing: Ps 131
Teksverse: Ps 131:2

In ons uur en tyd is groter altyd beter. Ons wil graag manne en vroue van naam wees. Voordat ons onsself kan vind is daar nog take op ons lys. Ons het begeertes en probleme en dit moet in twee minute opgelos word. Ons het ‘n onrustigheid in ons siele. Die wêreld en sy begeerlikheid en sorge vang ons vas. Ons probeer dit oplos deur meer en groter dinge te doen. Wanneer dinge dan te veel raak gaan ons al huilende met ons klagtes na die Here. Die vraag wat Psalm 131 elkeen van ons vra is: “Ween jy of is jy gespeen?”.

« Older posts Newer posts »