Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 5 of 65)

Eerlike mense het niks om oor spyt te wees nie

(Last updated on November 17th, 2025)

Skriflesing: Genesis 42:1-38 (2020)
Teksvers: Genesis 42: 21-22

Ons is eerlike mense, so getuig Josef se broers aan hom. Dit is natuurlik maklik vir elkeen van ons om onsself te beoordeel aan die hand van ons bedoelinge, en nie aan ons dade nie. 

Niemand hou daarvan om as ‘n oneerlike mens bestempel te word nie. En as jou geheim uitgelap word, as jy uitgevang word as iemand wat oneerlik is, dan het jy geen verweer nie. 

So is daar by elkeen van ons dinge waaroor ons spyt is, wat ons dalk anders sou doen. Immers, eerlike mense het niks om oor spyt te wees nie. 

God Voorsien

(Last updated on November 17th, 2025)

Skriflesing: Genesis 40:1-41:57 (2020)
Teksvers: Vers 16, 40-41

Josef was tot seën waar hy ook al gekom het. Sy geloof het nie gewankel onder slegte omstandighede nie, inteendeel, hy was ‘n voorbeeld. 

Hy was betroubaar. Meer nog, hy was ‘n profeet van die Here. Hy lê die drome uit van die skinker en die bakker, en steeds verander sy omstandighede nie. 

Dit sou nog twee jaar neem voordat die koning self in die nag ontstel word, sodat Josef as die wysste man in Egipte bekend word. 

So beskik God om Josef uit die tronk te herstel na heerser oor Egipte. 

Die HERE was met Josef

(Last updated on November 17th, 2025)

Skriflesing: Genesis 39:1-23 (2020)
Teksvers: Genesis 39:2 en 21

Alles is teen Josef. Sy broers het hom verkoop, hy is ‘n slaaf in ‘n vreemde land, hy werk vir ‘n vreemdeling. 

Al is Josef so getrou om alles te doen wat reg is, beland hy in die moeilikheid. Hy word in die tronk gegooi agv ‘n valse klag. 

Daar is egter een ding wat onveranderd bly: die HERE was met Josef. 

DROOMVERLORE

(Last updated on November 17th, 2025)

Skriflesing: Genesis 37:1-36 (2020)
Teksvers: Genesis 37: 26-27

Soms het ons as kinders groot drome vir die toekoms. Ons het aspirasies om die lewe self te oorwin! Maar nie almal deel altyd in ons drome nie. Soms kan ons drome ook ons ondergang beteken, omdat ons ten alle koste ons drome wil verwesenlik. Josef het nie groot drome gehad oor sy toekoms nie, inteendeel, God het deur drome aan hom gewys wat die toekoms vir hom sou inhou. Inderdaad groot dinge. Ons kyk wat word van die dromer as sy broers hulle sin kry, en hom verkoop as slaaf. Is Josef werklik droomverlore? 

Die Here bewaar jou oppad 

Skriflesing: Psalm 121 (1983)
Teksvers: Psalm 121:8

Ons het verlede week geleer dat ons bestemming veilig is. Wat ‘n heerlike uitsig op ewige herstel (Jes 35). Ons weet dat Jesus ook saam met ons op hierdie reis is! Ons weet nou ook dat Hy die pad voor ons uitgeloop het, die pad/weg na die kruis, waarvoor Johannes die Doper die wegbereider was (Mat 14). 

Psalm 121 leer ons vanaand dat die Here ons op hierdie pad bewaar. Selfs al gaan ons pad deur die dood heen is Hy steeds daar met sy bewarende regterhand. Ook hiervan is die Nagmaalviering van volgende Sondag ‘n bewys en versekering. 

Die Basuin van Bevryding

Skriflesing: Levitikus 25:8-10; Numeri 10:1-10 (2020)
Teksvers: Levitikus 25:9-10

Daar is ‘n geluid in Israel wat enige slaaf se hart laat bokspring. Dit is ‘n klank wat enige skuldenaar die kettings hoor breek, wat swaar belaste mense se skuld bevry, wat trane in vreugde verander. 

Dit is die geluid van die basuin met die aanbreek van die Jubeljaar. As die basuin geblaas word, is dit die aankondiging van die begin van ‘n nuwe tyd. 

Deur die Skrif hoor ons gedurig van die blaas van trompette en basuine. Ons wil vandag in besonder ons aandag bepaal by die betekenis van die geluid van die basuin van bevryding. 

« Older posts Newer posts »