Skriflesing: Rigters 6:1-10 (2020)
Teksvers: Rigters 6:8a
Israel was op hierdie stadium so oorweldig deur hulle vyande dat ’n normale lewe nie moontlik was nie. Die Here het dit oor hulle laat kom as gevolg van hulle sondes. Toe hulle om bevryding uit hierdie nood bid, stuur die Here nie dadelik ’n bevryder nie, maar eers ’n profeet. Hy kom ook nie met die goeie nuus van bevryding nie, maar met ’n bestraffing oor hulle sondes. So wys die Here ons dat Hy bekering voor bevryding wil hê. Daarom moet ons, voordat ons die nagmaal-fees van vergewing van sondes deur Jesus Christus geniet, eers ter voorbereiding besin oor ons sondes.