Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Romeine (Page 4 of 7)

God se liefde laat die hoop nie beskaam nie

Skriflesing: Romeine 5:1-11
Teksvers: Romeine 5:1-5

Tydens Paulus se 3de sendingreis het hy weens onvoorsiene omstandighede twee jaar lank in Efese gebly. Vandaar het hy die twee briewe aan die Korintiërs geskryf. Eindelik kon die apostel self na Korinte gaan waar hy drie maande lank gebly het. Vanuit Korinte skryf hy aan die gemeente in Rome, met die verlange om self ook na Rome te gaan en aan hulle van sy koms in kennis te stel. 

Die Romeine brief is egter alles behalwe ‘n telegram. Hier vind ons die aangrypende verkondiging en tema van die hele brief, dat die regverdige deur die geloof sal lewe. En omdat ons deur die geloof vrygespreek word, het ons vrede by God. 

God vervul ons met verwondering

Skriflesing: Romeine 11:33-36; Efesiërs 3:14-21
Teksvers: Romeine 11:33 en 36

Kan jy onthou hoe jy as kind in stomme verbasing en verwondering na iets gestaar het. Opgewonde! Hand voor die mond van pure verbasing. iets wonderliks wat jy gekry het? Jy kon dit nie glo nie… tog: daar is dit voor jou oë… 

Ek dink dit is met so ‘n absolute gevoel van verwondering waarmee Paulus Rom. 11:33-36 geskryf het. Sorgvuldig, keurig onderrig hy in die hele Romeinebrief sy lesers oor die waarheid van die evangelie van Jesus Christus. 

En dan, asof uit die bloute, oorweldig dit wat hy so sorgvuldig skryf, oorweldig dit hom. En dis asof hy sy leraarspen neersit, en spontaan ‘n lied begin sing… ‘n lied van verwondering. Verwondering oor die God wat hierdie verlossing aan ‘n verlore mensdom bewerk en geskenk het. 

O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God. Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik is sy weë! 

Raak ons nog in verwondering oor die skatte van die evangelie, dat ons in verbasing daardeur oorweldig word. 

God is Waarheid en Satan is Leuen!

Skriflesing: Rom 1:18-32
Teksvers: Rom 1:18,25
HK Sondag 43

  • God is waarheid! Ps 31:6 “God van trou/waarheid.”
  • Jesus Christus is die waarheid. Joh 14:6 “Ek is die …waarheid..”
  • Die Heilige Gees is die waarheid. Joh 14:17 “Die Gees van die Waarheid”
  • Die Woord is die waarheid. Joh 17:17 “U woord is die waarheid.”

Satan is die leuen. Joh 8:44 “…En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen.” Die negende gebod verbied daarom die leuen en dat ons leuens mag vertel. Satan het in die paradys reeds bevestig dat hy “die vader van die leuen is.” (Joh 8:44) (pseudo – leuen) In Jesus Christus moet ons altyd die waarheid (aletheia – waarheid) praat. (Ef 4:25).

 

« Older posts Newer posts »