Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Romeine (Page 3 of 7)

Dood, maar lewend!

Skriflesing: Romeine 6:1-14; Kolossense 2:9-15
Teksvers: Romeine 6:5

In die Romeine-brief kom die Heilige Gees deur die apostel ons daarop wys dat as ons nie eers vir die sonde sterwe nie, kan ons ook nie eintlik vir God lewe nie. Draai dit nou om: Ons is dood vir die sonde en lewend vir God. 

So kom die opstanding van Jesus Christus tot ʼn werklikheid in ons lewens. 

Kyk hoe dit ook simbolies in die sakrament van die Doop geteken word. 

God het al die gesag en seggenskap en Hy gee gesag

Skriflesing: Rom 13:1-14
Teksvers: Rom 13:1,2,4
HK Sondag 39

Ons kan met blymoedigheid en vreugde lewe, want God het absolute seggenskap, gesag en mag oor die hele wêreld. Blymoedig en vreugdevol omdat God grense vir die mens gestel het.

  • Want grense bring vir ons vryheid.
  • Vryheid om niks en niemand te vrees nie.
  • Solank jy binne die grense bly is jy veilig en geborge.
    1. God het en is die gesag!
    2. God gee gesag ook aan mense!

As jy met jou hart glo en jou mond Jesus Christus bely, sal jy gered word

Skriflesing: Rom. 10:1-21
Teksverse: Rom. 10:9

Die Here het aan ons Sy Woord gegee. Die Woord van God, die Bybel, leer ons dat Jesus Christus die enigste ware verlosser is. Hy het Sy woorde in ons harte kom skryf. Sy woorde het tot by ons gekom, in ons hart en in ons mond.

As jy in Jesus Christus glo, en jy bely dat Hy waarlik jou Verlosser is, sal jy gered word.

Lewe ’n vrugbare lewe, in diens van God!

Die wet van God! Die wet van Moses! Die wet van die Gees!

Skriflesing: Rom 7:1-8:4
Teksvers: Rom 8:2 

Dikwels dink ons dat ons lewe bestaan uit ’n klomp wette wat ons moet navolg. As jy die wette navolg dan kom jy darem in God se guns, dink ons. Dit is mos darem beter om goed te doen as sleg. God sien dit tog sekerlik raak en dit beteken dan iets vir my redding. Maar hoe figureer die wet van God in die vrugbare lewe wat ek moet lei. In Romeine 7,8 lees ons van: Die wet van Moses. Die wet van God. Die wet van die sonde. Die wet van die Gees.

  • Die wet van die Gees.
  • Die wet van die Gees laat ons vrug dra.
  • Die wet van die Gees gee aan ons die lewe.
« Older posts Newer posts »