Mat 6v13 Lei ons nie in die versoeking nie maar verlos ons van die Bose
Kategorie: Nuwe Testament (Page 94 of 129)
Skriflesing: Matteus 26:17-30
Teksvers: Matteus 26:26-28
HK: Sondag 28
Die sakramente behoort aan God en nie aan die kerk nie. Daarom bely ons ook dat een van die merktekens van die ware kerk die gebruik van die sakramente is soos Christus dit ingestel het… en nie soos die kerk se behoefte is nie.
Net soos die doop het Christus self die nagmaal ingestel. Ons word beveel om die nagmaal te eet. En deur die nagmaal gedenk ons die dood van ons Here totdat Hy weer kom.
Ons staan vanaand stil by die belydenis en die betekenis van die nagmaal as gedenkmaaltyd van Christus se dood en opstanding.
Skriflesing: Filippense 1
Teksvers: Filippense 1:4-6
Daar is baie dinge wat ons blydskap steel. Een is twyfel. Twyfel aan jouself. Aan die Woord. Aan God! Ons twyfel maklik en dan bekruip die moedeloosheid en swartgalligheid ons soms sommer helder oordag. Dit is waarskynlik daaraan te wyte dat ons so maklik tou opgooi. As dinge bietjie swaar word, as ons begin sukkel, nou-ja dan staak ons sommer en gou tou op.
En dan doen ons gees nogal dieselfde soort ding as dit by geloof in God kom: Ons vergelyk God eintlik met onsself! En daarin vind Paulus die verskil: God is nie soos ‘n mens, soos ons nie! Hy gooi nie sommer net handdoek in nie. Nie dat ons dit vir Hom maklik maak nie!
Vra jouself die vraag: Wanneer het God met sy werk in my begin? Wanneer gaan Hy klaarmaak?
Skriflesing: Mat 28:1-20
Teksvers: Mat 28:16-20
HK: Sondag 27
Mat 28:16-20, word dikwels genoem die “Groot Opdrag”. Dit is egter nie heeltemal waar nie, omdat elke opdrag en elke vers in die Bybel ewe belangrik is. Nogtans is dit ’n opdrag wat aan ons gegee word en wat ons baie ernstig ter harte moet neem. So ons moet verstaan wat dit beteken, waar dit vandaan kom en wat dit vandag van ons vra.
- Jesus praat met gesag. v18
- Jesus vra ’n aktiwiteit van ons. v19-20a
- Jesus is altyd by ons. v20b