Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 72 of 129)

‘n Gelowige kan die Here alleen maar in nederigheid dien as daar geloofsgroei is

Skriflesing: Lukas 17:1-10 
Teksvers: Lukas 17:5-6 

“Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” Maar die Here antwoord: “As julle maar geloof so groot soos ‘n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbei-boom kon sê: “Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see, en hy sou julle gehoorsaam.” 

Luk 17: 5,6 

Hoofpunte: 

1. Die moeilike opdrag. 

2. Die groot vereiste. 

3. Die diepe besef. 

Dit gaan nie oor hoe NABY jy is nie, maar oor HOE jy naby is

Skriflesing: Handelinge 1: 12 – 26 
Teksvers: Efesiërs 2: 20

Ons herdenk vandag die Reformasie en kan met reg vra: Hoe lyk die kerk van Jesus Christus, wat veronderstel is om met ‘lewende stene’ gebou te word (Ef 2: 10), vandag? Ons teksgedeelte is normaalweg ‘n ‘verbyblaai’ gedeelte. Wie wil nou lees van Judas se selfmoord en … watter boodskap sou hierdie Skrifgedeelte in elk geval vir ons kan gee vandag? 

Maar, vandag gaan ons nie verbyblaai nie. God se Woord het in hierdie Skrifgedeelte ‘n kragtige boodskap wat tot elkeen van ons in hierdie tyd moet spreek. Die boodskap is: 

Dit gaan nie oor hoe NABY jy is nie, maar dit gaan oor HOE jy naby is. 

Wat, wie en waar is die kerk?

Skriflesing: Ef 2:11-22; 1 Petr 2:1-10
Teksvers: Ef 2:20-22

As jy op die internet rondblaai, is daar letterlik duisende der duisende Christelike denominasies. Die vraag is altyd, wat, wie en waar is die kerk? Wat is die ware kerk? Wie is die ware kerk? Waar is die ware kerk? Om die antwoord te kry lê egter nie op die internet of doktorsgrade of studies nie, maar lê eenvoudig in die Bybel. Ons moet in die Bybel gaan kyk wat God bedoel het met wat, wie en waar die kerk is! Daarom gaan ons in eenvoud vanaand kyk na wat die Skrif, ook op simboliese wyse aan ons openbaar: 

– Wat die kerk is! 

– Hoe die kerk gevorm of gebou word! 

– Die fondament van die kerk! 

– Die bou van die kerk! 

– Die dak en die nok van die kerk! 

« Older posts Newer posts »