Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 70 of 129)

Waardige nagmaalviering

Skriflesing: 1 Kor 11
Teksvers: 1 Korintiërs 11:27-29 

In die Rooms Katolieke Kerk word die nagmaalbrood vooraf deur die priesters geseën en dan verander dit in wese tot die liggaam van Christus! (So word die doopwater ook gewyde water!) Dit is die Transsubstansiasieleer van die RKK. Hulle noem die broodjie daarom nie meer ‘brood’ nie, maar wel ‘n “hostie”. Dit is afgelei van die Latynse woord ‘hostia’ wat offer-lam beteken.
Gevolglik mag gewone mense, onwaardige leke, nie die heilige brood of wyn hanteer nie. Dalk mors hulle daarvan of daarmee!
Ons teks vandag gaan oor waardige en onwaardige nagmaalviering. Jy kan selfs in ‘n oordeel kom, beskaam word, as jy nie mooi oplet nie. Die vraag is dus: Is jy waardig? Wie mag dan Nagmaal vier? Wat is onwaardig? Ens.

Profesie van Jesus se geboorte!

Skriflesing: Miga 5:1-14
Teksvers: Miga 5:1 Mat 2:6

Miga 5:1-5 is definitief ‘n profesie wat dui op die Messias, Jesus Christus se geboorte. God het die klein dorpie van Betlehem uitgekies as die geboorteplek van die Messias. Klein, nederig en tog die totale omwenteling vir God se kinders. 

  • Betlehem ‘n klein dorpie met groot bete-kenis. 
  • Betlehem ‘n klein dorpie waaruit ‘n leier voortkom. 
  • Betlehem ‘n klein dorpie waaruit ons Herder kom. 

God se liefde laat die hoop nie beskaam nie

Skriflesing: Romeine 5:1-11
Teksvers: Romeine 5:1-5

Tydens Paulus se 3de sendingreis het hy weens onvoorsiene omstandighede twee jaar lank in Efese gebly. Vandaar het hy die twee briewe aan die Korintiërs geskryf. Eindelik kon die apostel self na Korinte gaan waar hy drie maande lank gebly het. Vanuit Korinte skryf hy aan die gemeente in Rome, met die verlange om self ook na Rome te gaan en aan hulle van sy koms in kennis te stel. 

Die Romeine brief is egter alles behalwe ‘n telegram. Hier vind ons die aangrypende verkondiging en tema van die hele brief, dat die regverdige deur die geloof sal lewe. En omdat ons deur die geloof vrygespreek word, het ons vrede by God. 

« Older posts Newer posts »