Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 69 of 129)

Die Immanuelteken – ’n Vaste en sekere Hoop!

Skriflesing: Jes 7:1-25; Matt 1:18-25; Op 21:1-8
Teksvers: Jes 7:14 Matt 1:21,23 Op 21:3

Oor twee weke is dit Kersfees. Gewoonlik word daar nou gepreek oor Jesus se geboorte. Dit is ook reg so, want dit is die tyd van die jaar waar ons terugdink aan Jesus Christus se geboorte. Maar van Jesus se geboorte word al in die Ou Testament van geprofeteer. Trouens, terwyl Adam en Eva nog in die tuin van Eden was, in Gen 3;15, is daar deur God geopenbaar van die verlossing vir sy kinders. As ons dan Jes 7:14 lees, dan blyk dit asof daar direk van Jesus se geboorte geprofeteer word. Maar ons moet die profesieë in konteks bestudeer totdat ons uiteindelik by die volle betekenis daarvan kom. 

Ons gaan vanmôre, na die volgende drie sake kyk: 

  • Die profesie van Immanuel Jes 7:14. 
  • Die vervulling van Immanuel Mat 1:21,23. 
  • Die ewige betekenis van Immanuel Open 21:3. 

Wat is die mens dat U aan hom dink?

Skriflesing: Hebreërs 2:1-18; Psalm 8:1-8
Teksvers: Hebreërs 2:6-9

Jesus Christus is meer uitnemend as die engele. Hy is die ewige ware God, die Eie Seun van die Vader. Maar Hy wat so uitnemend is, het selfs minder as die engele geword. 

Hy het sy eer en heerlikheid prysgegee om as mens aan sy broers gelyk te word. Oor die engele is Hy nie besorgd nie, maar oor die nageslag van Abraham. 

Wat is die mens tog, dat U aan Hom dink? 

Gewone mense dra die Kersboodskap

Skriflesing: Lukas 2
Teksvers: Lukas 2:8-20

Al ooit die vraag gevra waarom God juis aan die herders op Bethlehem se velde dié groot nuus bring? Of kom ons los die hoogdrawende woord en noem hulle sommer gewone skaapwagters. Veldmense. Vuil mense. Dom mense. Die lae klas! En was die onbetroubares en onreines, en tog maak die Here Homself eerste, heel eerste aan hierdie groep bekend.
Dit sal ook later blyk dat baie min mense hulle aan die skaapwagter ”fabels” gesteur het, want jare later weet niemand meer dat Jesus in Bethlehem gebore is nie en niemand glo dat Hy die Messias is nie.
Jesus kom vereenselwig Hom met die gewone mense en gebruik hulle selfs as die eerste “sendelinge” van die evangelie!

Die troon van God is ewig

Skriflesing: Hebreërs 1:1-14 
Teksvers: Hebreërs 1:8-9 

Die Hebreërbrief beskryf aan ons die uitnemendheid van ons Verlosser en Koning, Jesus Christus. Vir die volgende klompie weke sal ons hierop fokus met ons aandag op hoe Jesus groter of meer uitnemend is as die engele, as Abraham, as Moses, as Josua. 

Jesus Christus is ‘n ewige Koning en sy troon is ‘n ewige troon. Hoe lyk sy Koningskap en regering oor jou lewe? 

Die wonder van God se Vrede!

Skriflesing: Joh 14:15-31
Teksvers: Joh 14:27

Vrede is ‘n baie gelade woord in die Bybel. Dit beteken baie meer as die afwesigheid van onmin, bakleiery of oorlog. Trouens hierdie vrede in ons Skrifgedeelte kom van Jesus Christus af. Jesus het dit aan ons gegee as ‘n geskenk, as ‘n gratis geskenk aan ons. 

Daarom gaan ons na drie sake kyk: 

  • Vrede laat Christus vir ons na. 
  • Vrede gee Christus aan ons. 
  • Vrede van Christus is besonders. 
« Older posts Newer posts »