Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 52 of 129)

Kom kyk!

Skriflesing: Johannes 1:29-52
Teksvers: Johannes 1:47

Elke mens het gereeld vernuwing in sy/haar lewe nodig. Dis waarom ons weggaan met vakansies of dalk gaan toer. Ons hou nie van die stagnasie van die gewone daaglikse dodelike roetines nie. 

So ook ons geestelike lewe. Bekering vra immers verandering en soms terugkeer, om weer vorentoe te kan gaan. Jy moet in beweging kom. Daar moet aksie en beweging wees as jy deel is van die dinamiese koninkryk van Jesus Christus wat kom. 

Die krag en energie wat jou in beweging kan bring is net Jesus Christus self deur die kragdadige werking van die Heilige Gees. Stagneer jy of vorder jy? 

God word verheerlik deur die dra van baie vrugte

Skriflesing: Joh 15:1-8
Teksvers: Joh 15:1,8

Jesus Christus vergelyk Homself hier ’n wingerdstok. Trouens, Jesus sê: “Ek is die ware wingerdstok...” Maar daarmee saam vergelyk Jesus ons as Christene met die lote, die takke van die wingerdstok. 

’n Tak kan nie uit homself leef nie, maar verkry sy voedsel van die wingerdstok. Die gevolg is dat die takke of lote moet vrugte dra. Dit is nie of ons die takke wil vrugte dra nie, hulle moet vrugte dra anders word hulle gesnoei, afgesny en mee vuur gemaak. 

  • God die Vader is die boer. 
  • Jesus Christus is die wingerdstok. 
  • Ons is die lote wat moet vrugte dra. 

Dra mekaar se laste en vervul die wet

Skriflesing: Galasiërs 5:13-6:10
Teksvers: Galasiërs 6:2 en 9

Moenie moeg word om te doen wat goed is nie. Hierdie woorde klink vir ons so gepas in ons eie omstandighede waar niks eintlik meer wil werk soos dit moet nie. Dit het die norm geword om toe te gee aan wêreldse praktyke, nie omdat jy korrup is nie, maar omdat jy genoodsaak word om te oorleef. In so baie opsigte raak ons uitgeput met al die onreg en al die wanbestuur, dat ‘n mens moeg en moedeloos word om dinge reg te probeer doen. 

Ons staan vanoggend stil by die vrug van die Heilige Gees, en die oproep om te leef deur die Gees. 

« Older posts Newer posts »