Skriflesing: Openbaring 1
Teksvers: Openbaring 1:7,8

Ons kom nou ‘n derde teksvers wat ons roep om oop oë gelowig te wees. Sien die Nagmaal as God se tekens van sy goedheid. Kom kerk toe en sien hoe hoe goed Hy ons ken en hoe lief hy ons werklik het, ten spyte van die feit dat Hy selfs ons sonde ken. 

En vandag word ons opgeroep om vér te sien. Diep te kyk. Gelowig te wees en in alles die komende Here Jesus Christus raak te sien. 

Dit gee troos en moed om tot die einde toe te volhard.