Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 128 of 129)

Ware geloof is dinamies omdat dit ’n geskenk/gawe van God is Die verhouding tussen geloof en werke.

Skriflesing: Jak 2:14-25
Teksvers: Jak 2:14,26

In hierdie Skrifgedeelte skryf Jakobus oor die verhouding tussen geloof en werke. Dit is ’n baie belangrike saak omdat ons maklik ’n verkeerde verstaan van verlossing kan verkry as ons die geloof of die werke verkeerd verstaan. Wat is geloof wat ’n mens tot verlossing bring? Is dit nodig om goeie werke te doen? Wanneer weet jy of jou geloof ’n opregte geloof is?
1 ’n Dooie geloof is passief! (14-18)
2 ’n Demoniese geloof is van die Satan! (19)
3 ’n Ware geloof is dinamies/aktief! (20-26)

Laai af

In versoeking, vertrou altyd op God wat jou staande sal hou Wie meen dat hy staan moet oppas dat hy nie val nie

Skriflesing: 1 Kor 10:1-23
Teksvers: 1 Kor 10:12,13

Daar sal altyd versoekinge wees. Die Satan het selfs ons Here Jesus Christus nie gespaar nie maar met versoekinge uit die Skrif gekom, Mat 4:1-11. Die meeste versoekings is egter van-weë verkeerde sinlike begeertes. Die sondige mens vertrou liewers op homself, op sy geld, op sy eie afgode, op sy begeertes, as op God.
1. Daar is altyd versoekinge.
2. Vertrou altyd op God.
3. God sal jou altyd staande hou.

Laai af

Redding vind plaas alleen deur ‘n ware geloof in Jesus Christus

Skriflesing: Hebreërs 10:32 – 11:2
Teksvers: Hebreërs 10:35 – 39
HK: Sondag 7

Die tweede deel van die Heidelbergse Kategismus (Sondag 5-31) handel oor die verlossing van die mens deur geloof in die volkome en eenmalige soenverdienste van Jesus Christus aan die kruis. Sondag 5 tot 8 handel in besonder oor hoe die mens verlos word van die ewige verderf.
Sondag 7 handel in besonder oor die feit dat nie alle mense gered word deur die soenverdienste aan die kruis nie. Alleen hulle wat met ‘n ware geloof in Jesus Christus glo, word gered. Dit is dan ook hierby waar die bogenoemde Skrifgedeelte in besonder by stilstaan. Geloofsvertroue in Jesus Christus hou groot beloning in. Die wat in Jesus Christus glo, word deur die Heilige Gees in staat gestel om te volhard om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. Die wat deur Jesus Christus vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.
Mag die Heilige Gees jou in staat stel om te volhard in die geloof en ewig te lewe.

Laai af

Om die goeie te kan geniet is ’n gawe van God.

Skriflesing: 1 Tim 6:3-21; Spr 30:7-9; Pred 3:11-13
Teksvers: 1 Tim 6:6-10; 17-19; Spr 30:7-9; Pred 3:13

“Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met ‘n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog.” Deut 8:18
Ons standaard van lewe vandag, sou sekerlik as skatryk beskou gewees het in Timoteus se lewe.
Dit is moontlik om:

  • in hierdie lewe ryk te wees en in die hiernamaals arm,
  • in hierdie lewe arm te wees en in die hiernamaals ryk,
  • in hierdie lewe ryk te wees en in die hiernamaals ryk,
  • in hierdie lewe arm te wees sowel as in die lewe hierna arm te wees.

Ons gaan na vier sake kyk:

  • Wees nederig met wat jy van God ontvang het.
  • Vertrou op God en nie op rykdom nie.
  • Geniet wat God aan jou gegee het.
  • Gebruik wat jy ontvang het tot voordeel van jou medemens

Laai af

Dankbaarheid teenoor God word geopenbaar in goeie werke!

Skriflesing: Mat 5:13-16
Teksvers: Mat 5:16
Mat 5:13 “Julle is die sout vir die aarde…” Sout het net waarde as dit vars en bruikbaar is.
Mat 5:14 “Julle is die lig vir die wêreld….” Lig moet diensbaar wees anders word dit weggesteek en is onbruikbaar.
Mat 5:16 “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
Ons gaan vanaand na drie sake kyk:
1 Dankbaarheid word openbaar in goeie werke.
2 Dankbaarheid word openbaar in ’n nuwe lewe.
3 Dankbaarheid word openbaar in die verheerliking van God.

ALLES TEN GOEDE!?

Skriflesing: Rom 8:22‑30 en 31‑39
Teksvers: Rom 8:28
Ons leef in ‘n aksie/spanningsvolle tyd. Dinge is aan die gebeur. Mooi dinge en ook vreesaanjaende dinge: Ons hoor byna daagliks van oorloë en die verskrikkinge daarvan. Ook hier by ons is daar die bloedvergieting en
geweld en misdaad. Van besoedeling tot die pestilensies van ongeneeslike siektes, van kindermolestering tot gruwelike korrupsie, van misdaad tot openbare geweld, van valse profete tot ondermyning van alles wat Christelik is, van die selfsugtige eie ‑ ek wat net roem vir homself soek tot magspel van die politici en geldmagnate van ons tyd. En dan is daar nog die daaglikse katastrofes van u persoonlike lewe… Wat hou dit alles nog vir ons en ons
kinders in?
« Older posts Newer posts »