Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Handelinge (Page 6 of 7)

REDDING SLEGS DEUR DIE GELOOF

Skriflesing: Handelinge 16; Romeine 1:16,17
Teksvers: Hand 16:31
HK: Sondag 7

In die behandeling van ons belydenis word die vraag gestel: Wat is ‘n ware geloof? Daar is dus wel iets soos ‘n valse geloof. ‘n Skyngeloof. ‘n Skynheilige geloof. ‘n Dooie geloof. Daar is selfs iets soos ‘n wonder-geloof, by mense wat net heeldag onrealisties op wonderwerke sit en wag. Mettertyd wonder ons wat van hul geloof geword het!

In Filippi begin die eerste gemeente in Europa met die geloof van Lidia en die tronkbewaarder. En daarby kom hulle en hulle hele huisgesin tot bekering en word gedoop. Ek sien in my geestesoog hoe die bewaarder luister na die Evangelie soos Paulus en Silas dit vertel, terwyl hy saggies hulle gegéselde rûe afspons en met salf insmeer… Geloof wat uit liefde tot dade oorgaan!

Laai af

Die krag van die evangelie!

Skriflesing: Hand 17:16-34
Teksvers: Hand 17:16-34

In Handelinge 17 kry ons te doen met Paulus se model van evangelisasie. Nadat hy moes vlug vir sy lewe, arriveer hy in Athene, en word daar gekonfronteer met ‘n klomp vrae en aanvalle teen die Christelike geloof.

Kom luister saam om te sien hoe hy dit hanteer en beantwoord, en ook hoe hy homself handhaaf. Daar is ‘n klomp dinge wat ons by hom kan leer oor hoe ons evangeliseer en vrae oor die evangelie beantwoord.

Laai af

Onstuitbaar word die Evangelie met Goddelike mag en krag uitgedra

Skriflesing: Handelinge 19
Teksvers: Hand 19:20

Die stad Efese was destyds bekend as ‘n bymekaar-kom-plek vir almal wat hulle opgehou het met allerlei toorkunste. Groot bygelowigheid het in daardie tyd meegebring dat mense gedink het dat allerhande towerspreuke ‘n mens se huwelik en lewe geluk-kig sou maak. Die bygelowige toorpraktyke was ook onder die gelowiges ‘n realiteit. Hulle moes leer dat die Here die praktyke van toorkuns in sy Woord verbied.
Hierdie behoefte aan stabiliteit en sekerheid bestaan vandag nog by mense. Dit bring mee dat mense vandag nog op die verkeerde plekke na sekerheid soek. Die duiwel sal enige iets probeer om mense in sy mag te kry. Hier bevestig die Here dat sy mag en krag groter is as die van die bose. Vandag nog word die evangelie wêreldwyd onstuitbaar uitgedra. By Jesus Christus is die enigste ware en blywende sekerheid.

Laai af

Saam met heidene in die Stormsee

Skriflesing: Hand 27:1-38
Teksvers: Hand 27:21-26

Ons leef op aarde as gelowiges en ongelowiges, Christene, Moslems, Boeddhiste, vraers, twyfelaars, rykes, armes, mans, vrouens, kinders, verskillende volke, tale en kulture. Ons is almal onderworpe aan droog-te en reën, gesondheid en siekte, lewe en die dood. Ons staan saam onder regerings, staatspresidente wat kom en gaan. Ons leef in dieself-de storms van die lewe. As Christene kan ons, ons nie onttrek en in afsondering leef nie, maar ons leef in die wêreld, maar as burgers van die hemelse koninkryk wat ’n lig in die wêreld moet wees. Paulus is hier letterlik saam met gelowiges en heidene in ’n stormsee. Wat doen Paulus egter?

  • Paulus vermaan die mense om na God te luister.
  • Paulus bemoedig die mense om nie moed te verloor nie.
  • Paulus getuig van God se beloftes.

Laai af

« Older posts Newer posts »