Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Handelinge (Page 7 of 7)

Saam met heidene in die Stormsee

Skriflesing: Hand 27:1-38
Teksvers: Hand 27:21-26

Ons leef op aarde as gelowiges en ongelowiges, Christene, Moslems, Boeddhiste, vraers, twyfelaars, rykes, armes, mans, vrouens, kinders, verskillende volke, tale en kulture. Ons is almal onderworpe aan droog-te en reën, gesondheid en siekte, lewe en die dood. Ons staan saam onder regerings, staatspresidente wat kom en gaan. Ons leef in dieself-de storms van die lewe. As Christene kan ons, ons nie onttrek en in afsondering leef nie, maar ons leef in die wêreld, maar as burgers van die hemelse koninkryk wat ’n lig in die wêreld moet wees. Paulus is hier letterlik saam met gelowiges en heidene in ’n stormsee. Wat doen Paulus egter?

  • Paulus vermaan die mense om na God te luister.
  • Paulus bemoedig die mense om nie moed te verloor nie.
  • Paulus getuig van God se beloftes.

Laai af

Dit is saliger om te gee as om te ontvang

Skriflesing: Handelinge 20
Teksvers: Handelinge 20:35
HK: Sondag 42

In die Heidelbergse Kategismus Sondag 42 word daar stilgestaan by die negatiewe en die positiewe van die agtste gebod. In Handelinge 20:35 hoor ons die positiewe geïnspireerde woorde van die agtste gebod. Dit gee ‘n gelowige groter vreugde om te gee as om te ontvang. Net deur die werk van die Heilige Gees kan die selfgesentreerde ingesteldheid oor besittings verbreek word. Die wat in Jesus Christus glo, ontvang die genade om na ander te wil uitreik en ander te wil help. Jesus Christus se voorbeeld van gee in plaas van vat, word ook vir die Christene moontlik gemaak.
Mag jy die genade ontvang om die positiewe van die agtste gebod daagliks uit te lewe.

Laai af

Wat moet ek doen om gered/verlos te word?

Skriflesing: Hand 16:22-34
Teksvers: Hand 16:30

Ons lees van die tronkbewaarder wat besef dat Iemand, vir Paulus en Silas bewaar. Hy kom tot bekering en geloof en onmiddellik vra hy die belangrike vraag: (Hand 16:30)
“Menere, wat moet ek doen om gered te word.”
1. Daar moet betaal word vir ons sondes.
2. Ons of geen ander skepsel kan betaal nie.
3. Alleen ’n ware mens, terselfdertyd God kan betaal.

Laai af

Jesus Christus – enigste en volkome Verlosser

Skriflesing: Handelinge 4:1-22
Teksvers: Handelinge 4:12
HK: Sondag 11

Die Heidelbergse Kategismus handel oor God die Seun en ons verlossing (Sondag 11 tot Sondag 19).
Die Seun van God word Jesus genoem, wat Verlosser beteken. Dit is immers Hy alleen wat ons van al ons sondes volkome verlos. Daar is daarom by niemand anders enige saligheid te soek of te kry nie.
Die wat egter meen dat hulle, hulle saligheid en redding by of deur iemand anders of by hulleself of iewers anders kan vind, verloën Jesus Christus as die enigste Verlosser.
Daar is slegs een van twee dinge moontlik: of Jesus het nie volko-me verlossing bewerkstellig aan die kruis nie, of Hy het volkome verlossing vir ons bewerk, wat ons maar net in ‘n ware geloof ons eie kan maak.

Laai af

Newer posts »