Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Galasiërs (Page 3 of 4)

Die krag van die geloof werk deur liefde

Skriflesing: Galasiërs 5:1-26
Teksvers: Galasiërs 5:5-6
HK Sondag 7 V&A 21

Geloof en Hoop en Liefde wek vreugde. Dit is die evangeliese boodskap. Vanaand staan ons stil by die eerste brief wat Paulus geskryf het, aan die Galasiërs, om te sien hoe hierdie drie terme gebruik word. Die Galasiër brief, is dan ook by uitstek ‘n brief wat gaan oor geloof. Die hele pleidooi van Paulus wys op die teenstelling tussen die werke van die wet en die geloof. 

In Hoofstuk is daar ‘n pragtige samevatting waarin al drie hierdie terme saamgevat word nl. Dat ons deur die Heilige Gees uit die geloof wag op die vryspraak (geregtigheid). Want die krag van Jesus Christus is nie in menslike dinge soos die besnydenis nie, maar in die geloof, wat werk (energeo) deur die liefde. Amen 

My begeerte is om God te dien, dan het ek vrede!

Skriflesing: Ex 20:17; Gal 5:13-25 
Teksvers: Gal 5:16-18 
HK Sondag 44 

‘n Rooms Katolieke Priester het eendag gesê, hy het na duisende mense geluister wat hulle sondes kom bely het, moorde, diefstal, egbreek, steel, laster ens. Hy het van al nege die eerste gebooie belydenisse van oortredings gekry, maar nooit van die tiende gebod nie. Nooit het iemand gesê: “Ek bely dat ek van verkeerde begeertes brand nie.” 

Dit is sekerlik omdat ons begeertes dikwels verborge in ons harte lê waar niemand dit kan sien nie, buiten God. Daarom dink ons ons hoef dit nie te bely nie of dit is dalk nie so erg nie. 

Ons begeerte moet daarom wees om te leef volgens die vrug van die Gees. Dit moet ons begeerte wees. 

Ware bekering lei tot ware goeie werke!

Skriflesing: Gal 5:13-25; Klaagl 5:1-21; 1 Joh 5:1-5
Teksvers: Gal 5:16,25; Klaagl 5:21; 1 Joh 5:3

Ons neem bekering nie altyd baie ernstig op nie. Ek is mos ’n Christen wat die Here dien. Hoekom moet ek my bekeer? Is dit nodig dat ek my bekeer? Ten diepste is bekering ’n daad van God. Maar tog ook ’n daadwerklike roeping wat op ons as Christene geplaas word. Ons moet daagliks die oue mens afsterf en as nuwe mens te lewe. Dit is om jou te laat lei deur die Gees. Dit is om goeie werke te doen deur die vrug van die Gees te openbaar in die doen van goeie werke.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • Die ware bekering.
  • Die wese van bekering.
  • Die vrugte van bekering.

Laai af

« Older posts Newer posts »