Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 1 Timoteus (Page 1 of 2)

Kom laat ons voortdurend in opregtheid vir alle mense bid

Skriflesing: 1 Timoteus 2
Teksverse: 1 Timoteus 2:1

In hierdie perikoop word ons deur die Heilige Gees opgeroep om vir alle mense te bid. Dit is egter nie menslik moontlik om letterlik vir alle mense te bid nie. Nie vir alle mense in die wêreld nie, ook nie in Suid-Afrika nie en ook nie vir almal in ons eie gemeente of eie familie of vriendekring of kollegas of skoolmaats nie.

Die Here vra egter in hierdie gedeelte dat ons as gelowiges in besonder vir mense in leiersposissies sal bid en veral tydens openbare samekomste van die gelowiges (vers 6). Die Here het besondere redes waarom Hy ons opdrag gee om vir alle mense te bid en dit word mooi in hierdie perikoop uitgelig (vers 2).

Mag die Heilige Gees jou sensitief maak om ook in navolging van Jesus Christus opreg en voortdurend vir alle mense wat in jou lewe ‘n werklikheid is, gelowig te bid.

DIE BELANGRIKHEID en DIE BEGRONDING VAN GEBED

Getuig, Verklaar en Bely Jesus Christus as Middelaar! 

Skriflesing: 1 Tim 2:1-7
Teksvers: 1 Tim 2:5,6
HK Sondag 6

Om te bid is ’n geloofsverantwoordelikheid! Dit is ’n baie ernstige saak. Daar moet opregtheid en erns met gebede wees. Maar die begronding van die gebed, is baie belangrik. Gebed is die basis van die werk van Jesus Christus as Verlosser en Middelaar. Omdat Hy waarlik mens was, maar altyd waarlik God is en sal wees, was dit alleen Hy wat ons in die regte verhouding met God ons Vader kan stel, dit lees ons duidelik in verse 4,5. Daarom in ons gebede moet daar altyd opregtheid wees.

  • Getuig, daar is net een Middelaar.
  • Verklaar, dat Hy homself as losprys gegee het.
  • Bely, dat Jesus Christus is ons Middelaar.

My grootste skat is Jesus Christus

Skriflesing: 1 Timotues 6
Teksvers: 1 Tim 6:17-19

Wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy lewe? Daar is soveel dinge wat ‘n mens van sy fokus op Jesus Christus kan aftrek. Een van die dinge is materialisme. Ons fokus en verknogtheid op besittings, kan maklik ‘n struikeling word tussen ons en die Here.
Ongelukkig kan dit gebeur dat ons by die gebrek aan dit wat ons dink ons behoort te hê, ook skeiding tussen ons en die Here kan meebring. Daarom kom Paulus onder leiding van die Heilige Gees om mense met ‘n fokus op aardse goedere al dan nie (dit sluit baie van ons in) te ver-maan om hulle skat in die Here te soek en te vind.
Kom laat ons nie ons hoop op die onsekerheid van aardse besittings vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Die Here is die gewer van alles wat ek is en het.
Ons fokus as gelowiges is om met die aardse middele wat die Here vir ons gee, goed te doen aan ander en om ryk te wees in goeie dade, vrygewigheid en mededeelsaamheid.
Gelowiges met ‘n ingesteldheid op die Here, vergader so vir hulle ’n ewige skat as ’n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.

Laai af

Tevrede!

Skriflesing: 1Timoteus 6
Teksvers: 1Timoteus 6:6-8

Ons leef vandag in ‘n tyd waarin mense graag vorentoe wil gaan in hulle lewens. Hulle wil graag meer geld en ‘n beter motor en ‘n lekkerder huis bekom. Die mense wat die welvaartsteologie aanhang, glo dat jy as kind van die Here geregtig is op finansiële en materiële voorspoed.

Die Here kom in 1 Timoteus 6:6 om die wins van ons geloof in die Drie-Enige Here te verduidelik. Ja om in die Here te glo, om Hom te dien en te prys, hou vir elke gelowige ’n baie groot wins in. Helaas nie die tipe wins wat sommige mense verwag nie. Wel ‘n wins as iemand tevrede is met wat hy of sy uit die Vader se Hand ontvang het. Elke gelowige weet immers dat ‘n babatjie by geboorte niks in die wêreld ingebring het nie. Verder besef elke gelowige dat jy by jou sterwe ook niks met jou kan saam neem nie.

Die Here gee deur sy Heilige Gees aan elkeen wat in Jesus Christus glo, die genade om tevrede, dankbaar en vergenoeg te wees met alles wat die Here vir ons gee. Ja ons is meer as tevrede en dankbaar vir die feit dat ons kos en klere het elke dag.

Laai af

« Older posts