Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 1 Johannes (Page 1 of 4)

Jesus se bevel en opdrag: Julle moet mekaar liefhê!

Skriflesing: Joh 15:1-17; 1 Joh 4:7-21; Mat 22:34-40
Teksvers: Joh 13:34; Joh 15:9,12,17; 1 Joh 4:8; Kol 3:14; 1 Pet 1:22; 4:8

Jesus noem homself die ware/egte wingerdstok en sy Vader is die boer en almal wat in Jesus Christus glo, is die lote of takke van die wingerdstok. Die lote of takke word ook in twee kategorieë verdeel, die wat vrugte dra en die wat nie vrugte dra nie. 

Om vrugte te dra, moet die lote of takke gesond wees, vas aan die wingerdstok vanwaar die lote al hulle lewenssappe vandaan kry om vrugte te dra. Dit kan alles net gebeur as daar werklike liefde is. Liefde is die oorheersende en groot begrip van al die verhoudinge in die lewe. 

  • Die Vader het sy Seun lief. 
  • Die Seun het ons lief. 
  • Ons moet mekaar liefhê. 

Kinders van God, roep Hom gerus aan as ‘ons Vader’!

Skriflesing: Jesaja 63:16; Matteus 6:5-13; 1 Johannes 3:1,2
Teksvers: I Johannes 3:1a
HK Sondag 46

Dit is opvallend dat alhoemeer mense die gebruik van God se eiename vermy. Dan hoor ons hulle “van” God praat as die Opperwese of Die Een Daarbo of soortgelyke terme. Dit getuig natuurlik dat so ‘n mens God nie meer persoonlik ken en waarskynlik nie meer gereeld aanroep nie.

So was dit ook al in Jesus se tyd dat mense bang was om “met” die heilige God te praat. Nog minder was dit gepas om “God as Vader” aan te spreek! Jesus leer ons egter om op ‘n persoonlike en intieme wyse met die Here self te praat. Ja, jy mag sy vader aanroep as jou Vader!

Die Gees getuig deur die water en bloed

Skriflesing: 1 Johannes 5:1-15
Teksvers: 1 Johannes 5:5 -10

Deur die geloof alleen: Sola Fide. Deur die geloof alleen kry ons deel aan God se genade. Elkeen wat Glo in Jesus Christus is uit God gebore. Dit is hulle wat deur die liefde van God gedring en nuutgemaak word. Dit is hulle wat God liefhet met die liefde waarmee Hy ons eerste liefgehad het. Deur die geloof oorwin ons die wêreld. 

Hoe kan ons anders as om te getuig van die oorwinning in Christus. God self getuig deur die water en die bloed. Dit is die Gees wat getuig want die Gees is die waarheid. En elkeen wat deel het aan Christus deur die krag van die Heilige Gees, getuig dat hulle kinders van God is. 

Vanoggend sien ons die getuienis van die Heilige Gees deur die water en die bloed, want elkeen wat in die Seun van God glo, het die getuienis in hulself. 

Jesus Christus is ons GROOT Hoëpriester

Skriflesing: Heb 4:14-5:10
Teksvers: Heb 4:14,15; 2 Kor 5:21; 1 John 3:5; 1 Pet 1:19
HK Sondag 14

Jesus Christus het ook die menslike natuur aangeneem deur soos ‘n mens gebore te word en waarlik self mens ook te word. Hy is gebore uit die maagd Maria. Maar Hy kan alleenlik ons Middelaar wees omdat Hy waarlik God en mens is, SONDER SONDE!

  • Die Hoëpriester was ‘n mens met sonde.
  • Die Groot Hoëpriester was sonder sonde.
  • Die Groot Hoëpriester was volkome Heilig.
« Older posts