Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 1 of 119)

Jesus is uit die Heilige Gees gebore

Skriflesing: Lukas 1:26-38 (2020)
Teksvers: Lukas 1:35

In die oë van die Jode is Nasaret nie ‘n noemenswaardige plek nie. Inteendeel dit word verag, want sê hulle: Kan daar iets goed uit Nasaret kom? In hierdie eenvoudige dorpie in ‘n eenvoudige huisie woon ‘n arm en eenvoudige plattelandse meisie wat opreg is in haar geloof en godsdiens! 

Skielik verskyn die engel Gabriel aan haar! Dit is ‘n verskyning wat sy in die minste verwag het en nog meer as dit, is die woorde van die engel vir haar sê: “Wees gegroet begenadigde! Die HERE is met jou, geseënd is jy onder die vroue” 

Juda is nie gering nie

Skriflesing: Matteus 2:1-12 (2020)
Teksvers: Matteus 2:1-2

Soos u weet is daar slegs in twee van die vier Evangelies die beskrywing van Jesus se geboorte. Dit laat ‘n mens aan die een kant wonder of die Evangelieskrywers werklik soveel gemaak het van Jesus se geboorte soos wat ons vandag van Kersfees maak. 

Markus begin sommer direk by Jesus se openbare optrede, en Johannes het ‘n totale ander aanslag in die beskrywing van hoe die Messias, die beloofde Verlosser se koms op die wêreld van belang het. 

Ons kyk vanaand na die beskrywing vanuit die Ou testament oor die menswording van ons Heiland 

Volkome Blydskap is Alleen in Christus

Skriflesing: Filippense 2:1-11 (2020)
Teksvers: Filippense 2:5-8

Ons blydskap moet volkome wees, dit is die oproep. Om waarlik vreugde te vind in hierdie gebroke en stukkende wêreld is nie maklik nie. Wanneer ons beledig of verneder word, is dit ons tot skande. 

Ons Here Jesus Christus is anders, Hy het Homself verneder, Hy het Homself ontledig, en ‘n mens, ‘n slaaf geword, om te dien. Die inkarnasie, waar Jesus as die ewige ware God, mens word, is die ondenkbare vernedering wat ons nie self kan dra nie. 

Daarom kan ons blydskap alleen volkome wees in Christus. 

Stry hard in die Geloof

Skriflesing: Lukas 13:22-30 (2020)
Teksvers: Lukas 13:24

Ons het die afgelope klompie weke nagedink oor geloof en wat dit werklik beteken om te glo. Ons Here Jesus leer ons dat nie almal wat net sê hulle glo, is ware gelowiges nie, maar die wat die wil doen van sy Vader. Daarby moet ons ook bereken wat die koste is om te glo. 

Vanaand wil ons die aandag vestig of dit maklik is of nie, om in die geloof te volhard. Ons staan stil by ‘n vraag van ‘n onbekende omstander, maar ook ‘n vraag wat in ons harte leef… 

Toringbouers en Oorlogvoerders is Kruisdraers

Skriflesing: Lukas 14:25-35 (2020)
Teksvers: Vers 27
HK: Sondag 7

Ons dink verder saam oor die betekenis van ‘n ware geloof in Christus wat red. 

In hierdie gedeelte maak ons Here Jesus ‘n geweldige aanspraak dat elkeen wat nie sy kruis dra nie, nie agter Hom kan aankom nie. 

Dit beteken elke mens moet hulle eie kruis dra. 

Maar voordat jy jou kruis opneem, moet jy bereken wat die prys daarvan vir jou lewe is sodat jy nie halfpad kom en dan agter kom jy kan nie die taak voltooi nie. 

Reddende Geloof

Skriflesing: Markus 16:9-20 (2020)
Teksvers: Markus 16:16
HK: Sondag 7

Ons belydenis maak ‘n noodsaaklike en belangrike onderskeid oor wat ‘n ware geloof is. Hierdie onderskeid is belangrik om te verstaan wat die verskil is tussen geloof, en ‘n ware geloof. 

As ‘n mens mooi daaroor nadink, is alle mense gelowig. Elke liewe mens op aarde glo in iets of iemand. 

Die kwessie wat ons Here Jesus aanspreek, is ‘n reddende geloof, want nie alle geloof red nie. 

« Older posts