Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 2 of 127)

Waarom Word Jy ‘n Christen Genoem?

Skriflesing: Eksodus 19:1-6; Op 1:4-8 (2020)
Teksvers: Eksodus 19:6; Op 1:5-6
HK: Sondag 12

Ons belydenis handel oor die Naam sowel as oor die amptelike titel van ons Here Jesus in Sondag 12. 

Ons weet Jesus beteken Verlosser, omdat Jesus ons van ons sondes verlos, maar Christus is ‘n beskrywing van die amp wat Hy beklee. Met ander woorde, watter gesag dra Jesus om wel hierdie taak te mag verrig? 

In die Ou Testament leer ken ons die drie ampte van profeet, priester en koning, waarby ons Here Jesus as die Christus, die Gesalfde Messias al drie hierdie ampte beklee. Die vraag is egter waarom jy ‘n Christen genoem word? Wat is jou rede? 

MARANATA!

Skriflesing: Op 1:7,8; 22:6-21; 1 Kor 16:21,22; Gal 1:8,9; Rom 9:3 (1983)
Teksvers: 1 Kor 16:22 (Op 22:20)

In ‘n geskrif uit die eerste eeu n.C. Die Didaché, staan die volgende by hierdie 2e laaste Bybelvers (Op 22:20) geskrywe: 

“Laat die genade kom en laat hierdie wêreld verbygaan! Amen. 

Hosanna vir die Seun van Dawid! 
As iemand heilig is, laat hy kom! 
En as iemand onheilig is, laat hy hom bekeer! 
Maranata! (I Kor 16:22) Amen” 

Hierdie woorde was bedoel as die afsluiting van die gereelde Nagmaalsdiens. 

Laat ons wat saam vashou aan die beloftes van die Woord wat in die Nagmaal afgeteken word, dan ook hierdie bede bid. 

Inklusiewe evangelie, eksklusiewe kerk

Skriflesing: 1 Korinthiërs 5 (2020)
Teksvers: 1 Korinthiërs 5:7

1. DIE PROBLEEM IN KORINTHE – Die eerste konkrete probleem in Korinte toon Paulus aan. Hy koppel dit aan die verwaandheid en trots van die lidmate van die kerk.. 

2. DIE OPLOSSING VIR KORINTHE – ‘Verwyder die ou suurdeeg.’ Die tug moet toegepas word. Die ou suurdeeg moet die gemeente uit 

3. DIE OPDRAG AAN KORINTHE – ‘Laat ons daarom feesvier.’ Ons is die Here innig dankbaar vir die verlossing wat ons ontvang. Dit is die opdrag wat ons vanaand saamvat. 

Deur Geloof kan ons die Wêreld Oorwin

Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (2020)
Teksvers: 1 Johannes 5:4

Om die wêreld te oorwin is nie ‘n geringe taak nie. Soms dink jy dit is maklik om in die wêreld te leef sonder om soos die wêreld te word. 

Maar tog is daar so min van die oorwinning van die sonde in jou lewe sigbaar. Niemand hou van verloor nie, en tog is ons daagliks besig om die paradys weg te gee vir ‘n begeertes van ons hart. 

Eva het gewillig die paradys verruil vir ‘n vrug. Dit is as te ware iemand wat ‘n “mampara” is, iemand wat dwaas handel. So word ons ook daagliks deur die wêreld en die begeertes van die wêreld uitgedaag om meer as oorwinnaars te wees. 

Volg jou Koning in sy oorwinning

Skriflesing: Psalm 24 1; Korintiërs 2 (1983)
Teksvers: Ps 24:4; 1 Kor 2:14

Paulus vergelyk ons lewe met die optog van ʼn Romeinse generaal wat van sy veldslae af terugkom in Rome: Sy oorwinningsviering of segetog. 

Kyk gerus op internet na die ‘Arch of Titus in Rome’ om te sien hoe lyk die triomfboog van Titus, nadat hy in die eerste eeu feitlik al die volke en opstande in Midde-Ooste onderdruk en oorwin het. 

Is ons lewe as gedoopte gelowiges een van oorwinnaars en selfs méér as oorwinnaars? 

Wag! Wat kyk jy?

Hemelvaart 14 Mei

Handelinge 1:1-14

Skriflesing: Ps. 47:1 en 2

Die Belofte van die Vader, is die geskenk van Christus se verdienste. As die werk van ons Here Jesus
vervul is, en Hy na die hemele opvaar, dan beveel Hy die dissipels om te wag. Daar is niks wat ‘n mens uit
eie kragte kan vermag in die koms van die koninkryk van God nie. Hulle moet wag. Die krag uit die hoogte
sal hulle toerus om die werk te doen. As Jesus dan wegvaar, en hulle staar die hemele in, vra die engele vir
hulle waarna kyk hulle so verstom! Wag, en kyk, jy sal sien.

« Older posts Newer posts »