Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Predikante Skryf (Page 8 of 43)

Die Weg van Verlossing

Die Prediker is bekend daarvoor dat hy alles op die aarde op die proef gestel het, en bevind het dat alles ‘n gejaag is na wind. Tog is daar sekere dinge wat die Prediker erken wat ‘n misterie bly en kom sy oproep: “Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van ‘n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.” Prediker 11:5 

Net so beskryf die Dordtse Leerreëls dat ons nie met nuuskierigheid moet probeer uitvind oor wat die dinge is wat God in sy almag beskik nie. Daar is sekere dinge in die lewe wat God se geheimenis bly. Dit leer die Skrif ons. Maar die Skrif maak ook duidelik aan ons ander dinge bekend wat ons mag en moet weet. 

Dit is in hierdie verband wat ons ondersoek instel na die weg van ons verlossing. Of die Heilsorde. Ons lees gereeld in die 10 gebooie hoe die Here sy volk gered het uit Egipte en hulle gelei het na die beloofde land. Die wyse waarop God sy volk red, word ook aan ons beskryf bv. deur die 10 plae. 

So kan ons ook die werk van God in ons eie lewe ken. Sommige van ons was in die Egipte van die sonde waaruit God ons gered het. Ander weer is kinders van die belofte wat oppad in die woestyn gebore is. Ander weer het die voorreg om nog altyd die beloofde land te ken. 

Die wonder van God se verlossing, is nie vir een van sy kinders minder merkwaardig maak nie. Hy red elkeen op presies dieselfde wyse nl, deur Jesus Christus sy geliefde Seun. Die verskil kom egter, waar op ons lewenspad ons bewus raak hiervan. Vir daardie man aan die kruis, was dit op sy sterfbed. Vir ‘n ander is dit ‘n ernstige siekbed of ‘n groot skrik in die lewe. 

Vir baie van ons was dit nog altyd deel van ons lewe. Miskien kan jy ook nie onthou wanneer jy “gered” is, jou dag en datum nie, omdat jy nog altyd in die Vaderhande behoue was. 

Kom reis saam met ons deur die weg van verlossing tydens die aanddiens, en ontdek weer hoe heerlik jou redding is. 

Lourens (vdm) 

TULIP

Hierdie woord TULIP het niks te doen met die Hollandse blomme, of die knolkoors wat dit eens op ‘n tyd veroorsaak het nie. Dit is ‘n akroniem wat in moderne teologie iets probeer beskryf van die 5 onderskeie aspekte van “Calvinisme”. 

Hoewel dit in ‘n sekere opsig niks te doen het met wat Calvyn self geskryf het nie, word die 5 punte van Calvinisme, soos daarna verwys word, eintlik verbind aan die Dordtse Leerreëls. 

Tydens die “vermaerde”, of bekende Sinode van Dordt in 1618/19 in Dordrecht in Nederland, is die werke van Jakobus Arminius (bekend as Arminianisme of Remonstrantisme) veroordeel. 

Teenoor 5 dwalinge van Arminius en die Remonstrante, het die gereformeerde kerke in ’n hoofstuk telkens die hoofpunte van die ware leer uiteengesit, en daarna al die dwalinge wat daarmee verband hou, weerlê. Gevolglik het die leerreëls van Dordt tot stand gekom. In kort staan TULIP vir die volgende: 

Total Depravity Hoofstuk 3,4 – Verdorwenheid van die mens 

Unconditional Election Hoofstuk 1 – Predestinasie 

Limited Atonement Hoofstuk 2 – Dood van Christus 

Irresistible Grace Hoofstuk 3,4 – Bekering en die wyse waarop 

Perseverance of the Saints Hoofstuk 5 – Volharding van die heiliges 

Ons gaan hierdie kwartaal die fokus plaas op die betekenis van die Leerreëls van Dordt en hoe dit vandag nog net so van toepassing is soos 405 jaar gelede. Ons sal sien dat die akroniem TULIP nie reg laat geskied aan die werklike betekenis van Dordt nie, maar tog relevant bly. Daarby gaan ons die Ordo Salutis (heilsorde) behandel in die aanddiens om die praktiese toepassing te maak hoe ons deel kry aan die verlossing in en deur Jesus Christus, en hoe die verlossing sigbaar moet word in ons eie lewe. 

Lourens (vdm) 

Statistieke

Die afgelope maand het ons weer die jaarlikse statistieke van ons gemeente vir die Admin Buro en Almanak aangestuur. Ek dink altyd aan Dawid wat gestraf is omdat hy die volk getel het (1Kron 21). Ek glo eerlik dat ons nie te veel gepla moet wees oor getalle in die kerk nie. Statistieke kan op verskeie maniere gebruik en misbruik word. Die Here ken sy kinders. Hy het hulle name in sy handpalms gegraveer (Jes 49:16). En Jesus sê self: “Baie is geroep, maar MIN is uitverkies” (Matt 22:14). Laat ons dus oppas daarvoor dat groot getalle ons nie bedrieg nie. 

Dit is veral ‘n bekommernis dat ons kon sien dat die getalle van GK Centurion verlede jaar begin daal het. Terwyl die syfers die afgelope dekades in die algemeen in die kerkverband van die GKSA skerp gedaal het, het Centurion steeds stabiel gebly net so oor die 1000 belydende lidmate en ongeveer 350+ dooplidmate. Nou het die daling ons ook begin affekteer. Op hierdie jaar se statistiekvorms (data van 2023) daal ons met 53 volwassenes en 16 dooplidmate. Dit is te wagte dat ons getalle sal bly daal weens o.a. immigrasie en veral ook die emigrasie suidwaarts na die Wes-Kaap. Die verwagte groei in Centurion weens demografiese beweging (maw inkomende attestate) het waarskynlik al ‘n geruime tyd sy plato bereik. 

Kyk u na die attestate in en uit vir hierdie jaar lyk dit of sake tans ongeveer gelykop verloop. Dit is veral te danke aan talle opnames en bekerings deur evangelisasie (veral deur Koningskinders en Alethea-bediening) – verlede Sondag se mooi dope en belydenisafleggings in die gekombineerde erediens was ‘n getuienis dat die Here hierdie gemeente seën en sy kandelaar hier nie wil verwyder nie (Op 2:4,5). 

En daar is nog ‘n aantal belydenisafleggings en dope wat binnekort plaasvind. Ons dank die Here vir hierdie besondere genade aan ons gemeente. 

Dit bly egter die vraag of ons genoeg doen aan die uitdra van die evangelie na buite en vra dat elke lidmaat biddend soek na geleenthede vir sending en evangelisasie en met ‘n positiewe, biddende hart daaraan meedoen en daarin meewerk. 

Ds Maarten 

Mene, mene, tekel ufarsin

It was in the lifetime of Daniel that these words were written on the wall of the palace by a hand where the king was having a feast with all his great men. They were cele-brating with their wives and concubines, drinking from the cups that was stolen from the temple in Jerusalem.

The king was Belshazzar, the son of Nebuchadnezzar. In the midst of his 1000 rulers the king became powerless in a moment. No one could help him. His legs became like jelly and he fell to the ground. After calling all the enchanters and astrologers, no one was able to give him an answer what these words meant.

Daarop is Daniël ontbied, wat geken was as ‘n man met wysheid en op wie die Gees van God werksaam was. Dit was egter nie Daniël wat die koning in sy sonde veroordeel nie, maar God. Daniël was alleen diensbaar en gewillig om te spreek wat God hom lei om te sê.

“Dit is die uitleg van die woord:

Mené—God het u koningskap getel en daar ‘n einde aan gemaak;

tekél—u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind;

perés—u koninkryk is verdeel en aan die Mediërs en Perse gegee.” Daniël 5:26-28

Hierdie gebeurtenis is ook vir ons van belang. Ons is baiemaal besig met onheilighede en dink dat God nie sien wat ons doen nie. Hy is egter die een wat die hart van die mens deursoek, ja die Gees ondersoek selfs die dieptes van God (1 Korintiërs 2:10). Die Here ken elke gedagte en elke begeerte. Maar Hy ken ook die goeie. Hy sien as ons teen die sonde stry en teen die sondige begeertes wat ons soms laat struikel.

Today we have the privilege to witness something great by the working of God’s hand. Not the writing of a hand against a wall, but the Holy Spirit engraving on the hearts of believers the new covenant of God’s grace.

May the Lord search our hearts and find us worthy through faith in Jesus Christ.

Lourens (vdm)

Stemdag 29 Mei 2024

Dit is ons standpunt, dat dit die plig en verantwoordelikheid van elke Christen is om te stem. God is sekerlik in beheer, maar dit beteken nie dat ons niks verder hoef te doen, wat Sy wil bevorder nie. Ons het die opdrag ontvang om vir ons leiers te bid (1 Tim 2:1-4). In die Skrif is daar bewyse dat God nie altyd tevrede is met ons leierskapkeuses nie (Hosea 8:4). Die tekens van die greep van sonde is oral in hierdie wêreld te bespeur. Baie van die aardse lyding is as gevolg van goddelose leierskap (Spreuke 28:12). Die Skrif gee aan Christene opdrag om die wettige owerheid te gehoorsaam, tensy dit die Here se wette weerspreek (Hand 5:27-29; Rom 13:1-7). As wedergebore gelowiges, behoort ons leiers te kies, wat self ons Skepper as leier erken (1 Sam 12:13-25). Kandidate of benoemdes wat die Bybelse opdragte in verband met lewe, familie, huwelik of geloof verwerp, moet nooit ondersteun word nie (Spreuke 14:34). Christene moet stem soos gelei word deur gebed en bestudering van beide God se Woord en die realiteite van die keuse op die stembrief. 

Christene in baie lande in hierdie wêreld word verdruk en vervolg. Hulle ly onder regerings, waaraan hulle niks kan verander nie en regerings wat hul geloof haat en hul stemme stilmaak. Hierdie gelowiges verkondig die Evangelie van Jesus Christus deur hul eie lewens in gevaar te stel. In die VSA is Christene geseënd met die reg om te praat en hul leiers te kies, sonder om vir hulself of hul families te vrees. In die VSA, in onlangse verkiesings, het 2 uit elke 5 self-erkende Christene die reg van die hand gewys en nie gestem nie. Ongeveer 1 uit 5 self-erkende Christene, geskikte Christene, is nie eers geregistreer om te stem nie. 

In die hedendaagse lewe is daar baie wat die Naam en boodskap van Christus heeltemal uit die publieke arena wil hou. Deur te stem het ons die geleentheid om ‘n godvresende regering te bevorder, te beskerm en te behou. Deur daardie geleentheid te laat verbygaan, beteken dat diegene wat geen ontsag vir die Naam van Christus toon nie, toegang tot ons lewens kry. Die leiers wat ons verkies – of aan wie ons niks doen om te verwyder nie – het groot invloed op ons vryhede. Hulle kan kies om ons reg om te aanbid en die Evangelie te versprei, te beskerm of hulle kan daardie regte inperk. Hulle kan ons volk op die pad van geregtigheid lei of tot morele verwoesting. As Christene moet ons opstaan en ons opdrag uitvoer, om ons siviele pligte te volbring (Matt 22:21). 

Ds Maarten 

ONS KONING OP DIE TROON

As die apostel Johannes ‘n oomblik deur die skrefie van die hemeldeur kyk, sien hy die troon in die middel (Op 4) en die wesens en ouderlinge rondom die troon. Kyk hy nog dieper dan sien hy die Lam van God op die troon met die boekrol van die geskiedenis van kerk en wêreld in sy hande (Op 5). 

Sedert die hemelvaart sit Hy koninklik op sy troon en sy dienaars dien Hom. Miljoene engele om sy troon wat blitssnel elke bevel tot op die keper uitvoer, terwyl hulle die Koning van die konings aanbid. Hoog verhewe en heilig is Hy. Hy het absolute mag oor alles en almal. 

Naas hierdie magsuitoefening is Hy daar ons ook ten goede. Hy is ons Voorspreker en Middelaar. Hy praat met die Vader oor ons. Hy tree in vir sondaars wat Hy met sy kosbare bloed vrygekoop het. Hy wys dan sy deurboorde hande en voete aan die Vader, en ter wille van Jesus, die Lam van God, verhoor die Vader sy bede en luister Hy weer na ons gebed. 

Ons kan immers nie maar net ‘gou-gou’ met ons Vader praat nie. Hy is God en nie maar net jou vriendjie nie. Jy kan alleen maar in die Naam van jou Middelaar tot die Vader nader. 

Laat dit dan ons erns wees om tydens ELKE gebed die Vader aan te roep, IN DIE NAAM VAN DIE HERE JESUS CHRISTUS, want in ons eie naam is ons nie aanneemlik voor God nie. In die Naam van Jesus, sal die Vader ons vergewe en elke gebed hoor en soos ‘n goeie Vader aan ons gee, wat ons nodig het. 

Laat die Heilige Gees jou so lei in jou gebede om slegs deur Jesus Christus tot die Vader te nader. 

Ds Maarten 

« Older posts Newer posts »