Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 95 of 343)

Deur die dwaasheid van die prediking versamel Christus sy kerk 

Skriflesing: 1 Korintiërs 1:18-2:16 (2020)
Teksvers: 1 Korintiërs 1: 21-24

Die dwaasheid van die prediking? Wat kan dit tog beteken? Is dit wanneer ‘n mens dom voel na ‘n preek as jy dit nie verstaan het nie? 

Soms wonder ons oor waarom God sekere dinge op sekere maniere wil gedoen hê. Wanneer dit kom by die wyse waarop God se kerk bymekaar gemaak word, is dit ook so uitsonderlike getuienis waar die Koning van die kerk ons leer dat Hy self aan die woord kom deur die Woord by wyse van die prediking wat vir ons soms dwaas lyk. 

Viva Vox Evangelii 

Vir baie mense vandag is die Bybel maar net ‘n geskiedenisboek vol interessante ervarings van mense oor God. Hulle glo, deur die eeue het mense hulle persoonlike ervarings verwoord en opgeskryf, net soos baie ander “heilige” boeke soos bv. die Q’uran. Op hierdie manier word die Bybel gereduseer tot ‘n menslike belewenis, en word dit nie erken as gesagvol en van God nie. 

Dit is wat gebeur het in 1709 met die beskrywing van Vox Populi, Vox Dei. Die stem van die mense is die stem van God. So het die mens sy eie god geword. En die mens luister gevolglik net na sy eie stem. 

Ons belydenis spreek hierdie onfeilbaarheid aan in die NGB veral artikels 2-7. God se Woord is deur die Heilige Gees geïnspireer, en is so lewend en kragtig dat selfs die blindes kan tas dat die dinge wat daarin beskryf word, waar is. 

Daarmee bely ons: Viva Vox Evangelii… Dit beteken die Evangelie is ‘n lewende stem. Die Evangelie is nie maar net ‘n stem oor God nie, dit is die stem van die Lewende God. Dit is ook die Euangelion – die evangelie, of te wel die Goeie of Blye boodskap. 

Die evangelie is die boodskap van God se verlossing. Dit verkondig aan ons die wonderlike nuus van ons redding in en deur Jesus Christus. Maar hierdie lewende evangelie kan nie lewe as ons nie die woorde daarin hoor nie. 

Soos iemand eendag opgemerk het, dat ‘n Bybel wat uitmekaar val getuig van ‘n lewe wat nie uit mekaar val nie. Moet daarom nie een oomblik huiwer nie, om elke dag jou Bybel te lees, om daarin notas te maak en orals te merk waar hierdie lewende Woord jou hart aangryp nie. 

Want deur God se lewende Woord word ons lewe ‘n blye tyding. 

Lourens (Verbi Dei Minister – VDM: Bedienaar van die Woord) 

Jesus drink die oordeelsbeker uit die hand van sy Vader 

Skriflesing: Psalm 75:1-11; Matteus 27:32-52 (2020)
Teksvers: Psalm 75:9
HK: Sondag 15-16

Die lyding van ons Here Jesus Christus is iets wat baie moeilik in woorde beskryf kan word. Tog is sy hele lewe een groot lyding. Van sy menswording en deur sy aardse omwandeling tot aan die kruis.

Hierdie lyding word ook in die Skrif aan ons verduidelik by wyse van ‘n beeld. Die beker van God se oordeel.

Ons gaan vanaand stilstaan by Psalm 75 waar die oordeelsbeker van God beskryf word met die oog op Christus se lyding.

Die liturgie: Ons gebede soos wierook 

Skriflesing: Openbaring 8:1-5 (1983) Eksodus 40:1-5; 30:1-10,34-38
Teksvers: Openbaring 8:3,4

In die Tabernakel in die woestyn (en later in die beloofde land) staan die wierookaltaar reg voor die voorhangsel (gordyn).

Reg agter die voorhangsel staan die verbondsark met die versoendeksel en die twee gerubs daarop. Die rook van die wierrookaltaar kan eintlik nie by die verbondsark kom nie, behalwe eenkeer per jaar op die Groot Versoendag, as die hoëpriester daar ingaan namens die volk en met bloed en wierook in sy hande.

Nou het Christus die pad gebaan deur die voorhangsel heen (Heb 10:19), dit is deur sy liggaamlike offer aan die kruis. Ons gebede kan nou by die troon (verbondsark simbolies) van God uitkom. Daarom sien ons elke Sondag uit dat ons as gemeente saam kan kom bid.

« Older posts Newer posts »