Skrywer: admin (Page 92 of 343)
Skriflesing: Rigters 1:1-2:5 (2020)
Teksvers: Rigters 2:1-5
In Rigters 1 en 2 is die Israeliete veronderstel om ‘n groot hoogtepunt te beleef na die uittog uit Egipte en die deurtog deur die woestyn. Hulle begin, in opdrag aan die Here en met sy seën, om die beloofde land in te neem. Maar helaas, die aanvanklike entoesiasme het spoedig begin kwyn. So het een na die ander stamme dinge gedoen wat die volle oorname van die land net ‘n droom gemaak het wat nie gerealiseer het nie.
As gevolg van die Israeliete se kwynende toewyding aan die Here se opdrag om die land skoon te maak van al die heidene, het die inwoners vir Israel ‘n lewenslange remskoen geword.
Kom hoor hoe die HERE ten spyte van Israel se onverskilligheid en die straf daarop, steeds getrou bly aan sy verbondsbeloftes.
Skriflesing: Hand 3:1-26; Hand 8:9; Hand 14:8-11 (1983)
Teksvers: Hand 3:6,16
Vir ons as mense is ons name belangrik. Ons is trots op ons name veral as ons weet hoekom jy die naam het. Miskien is dit ’n familie-naam, jou oupa of ouma, pa of ma se naam. Miskien was dit ’n mooi naam vir jou ouers. Partykeer het ’n naam, veral ’n bynaam ‘n betekenis.
Ons gaan vanmôre kyk na:
• Die betekenis van Jesus se Naam.
• Die krag van Jesus se Naam.
• Die gebruik van Jesus se Naam.
Hand 3:6 “Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”
Skriflesing: Galasiërs 3: 15-25 (2020)
Teksvers: Galasiërs 3: 21, 22
Ons glo dat die wet met al die seremonies in Christus vervul is en tot ‘n einde gekom het.
Daarom is die vraag of die Ou Testament met al die wette, profesië en die geskiedenis van die volk Israel nog enige betekenis in 2023 vir ons het? Ons antwoord is dat die Ou Testament steeds sin en betekenis vir ons het.
Deur byvoorbeeld die profete, die wet en die geskiedenis van die Jode in die Ou Testament lei die Here ons verder om ons geloof in Christus te bevestig en te versterk. Ook die wet en profete en geskiedenis in die Ou Testament werk mee dat ons in en deur Christus ons lewe kan inrig tot eer van God en volgens sy wil.
Skriflesing: Genesis 49 (1953); Jesaja 8: 23
Teksvers: Genesis 49: 21
Ons staan stil by die seënspreuk van Jakob oor sy twaalf seuns. Jakob is hier op sy sterfbed en spreek profeties die seën uit oor wat met die nageslag gaan gebeur. Op hierdie stadium het Jakob immers homself reeds bekeer van sy jeugdige sondes en kan hy nou ten volle gehoorsaam aan die Here net uitspreek wat God wil.
Daar is egter die groot hartseer dat sy seënspreuke ook straf uitdeel en ernstige waarskuwings gee. Wie daarna luister sal egter ook by die evangelie van genade sal uitkom.
Geen wonder dat Jakob in die middel van sy spreuke bid:
Op u verlossing wag ek, HERE! (vers 18)