Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 339 of 344)

Die bron van my nuwe lewe – liefde uit God gebore!

Skriflesing: I Johannes 4:7-21
Teksvers: I Johannes 4:8

God is liefde …
Hoeveel troos het jy nie al self geput uit hierdie waarheid nie?
Maar nie net vir jou persoonlik nie. Ook vir die hele liggaam, die ware kerk van die Here. God is liefde!
Misverstande moet mens egter ook in ag neem:
• God is liefde, maar liefde is nie God nie.
• God is liefde. So, ek kan maar maak wat ek wil.
• God het alle mense altyd op dieselfde wyse en manier lief.
• God se liefde beteken dat alle mense hemel toe gaan.

Laai af

Die Woord van God is die teenvoeter teen versoekings

Skriflesing: Matteus 4:1-11
Teksvers: Matteus 4:10

Die Woord alleen is Jesus se antwoord op die duiwel se pogings om Hom te versoek. Jesus troef nie net die aanslag van die duiwel deur aan te haal uit die Woord van die Here nie, maar Hy wys ook aan ons hoe ons versoekings en aanslae in ons lewe oorwinnend kan han-teer.
“Daar staan geskrywe” is woorde wat ons op elke terrein van ons lewe kan toepas. Hoe meer ons die Woord van die Here ken, des te meer kan ons in alles wat ons dink, doen en sȇ die waarheid van die Here se Woord in ons lewe toepas.
Mag jy meer en meer leer om, in navolging van Jesus Christus, die Woord van die Here orals toe te pas en so elke dag te lewe in noue verbondenheid aan die Here.

Laai af

Wat moet ek doen om gered/verlos te word?

Skriflesing: Hand 16:22-34
Teksvers: Hand 16:30

Ons lees van die tronkbewaarder wat besef dat Iemand, vir Paulus en Silas bewaar. Hy kom tot bekering en geloof en onmiddellik vra hy die belangrike vraag: (Hand 16:30)
“Menere, wat moet ek doen om gered te word.”
1. Daar moet betaal word vir ons sondes.
2. Ons of geen ander skepsel kan betaal nie.
3. Alleen ’n ware mens, terselfdertyd God kan betaal.

Laai af

Locus classicus: Sola Scriptura!

Skriflesing: 2 Timoteus 3:1-4:5; 2 Petrus 1:20-21
Teksvers: 2 Timoteus 3:16

Die taal van die kerk in die donker Middeleeue was natuurlik Latyn. ‘n Antieke taal wat jy eintlik net as geleerde of gegradueerde sou kon besig. Hoogdrawend en formeel dus, so het dit in die kerk geword. Groot indrukwekkende woorde. Onverstaanbaar.
My opskrif is net om u te laat voel hoe vreemd lidmate destyds gevoel het. Selfs vandag nog gebruik die RK Kerk die hoë Latyn vir hul rituele.
Die opskrif beteken eintlik net dat ons teksvers die klassieke teks is vir die kerklike leer dat die Bybel alleen die Woord van God is. Nie moeilik nie. Geen wonder Luther se eerste passie en groot bydrae tot die reformatoriese kerk, was die vertaling van die Latyn-se Bybel in die gewone spreek-Duits.
Vandag bestudeer ons die verstaan van die Sola Scriptura reël vanuit die klassieke tekste oor die inspirasie-leer: Die hele Skrif is deur God geïnspireer… met groot waarde vir ons elkeen.

Laai af

Kan God nie maar net die sonde oorsien nie?

Skriflesing: Sefanja 1
Teksvers: Sefanja 1

Die verwronge beeld wat ons van God het kom van ons eie ervaring van ouerskap. Hoeveel keer het jy nie maar net jou kind se stoutigheid oorgesien nie…? Hoe gereeld draai jy maar net weg (turn a blind eye), en maak of jy nie gesien het nie! Om te straf is immers nie lekker nie. Kinders, hoe ge-reeld het jou ouers nie al jou verskoon sonder dat jy vergifnis gevra het nie! Of sommer net nie gestraf nie, en dan dink ons dis ware ouerliefde.
Spreuke leer ons daarteenoor dat ‘n vader wat sy kind liefhet hom wel tugtig! Liefde spaar die roede nie! Maar tog wil ons liewer dat God ons sommer-so oorsien. So is Hy nie. Hy is die Heilige, die Regverdige, die Almagtige, die ewige God van heerlikheid. In sy wese kan Hy die sonde geensins verduur nie. Straf sal Hy… en Hy gaan ewig straf… want Hy moet… Hy is God. En daarom het ons troos nodig: Genade wat alleen in Christus te vinde is.

Laai af

God se Koringkorrelplan! Jesus Christus is die Koringkorrel wat vir ons geplant is sodat ons kan lewe!

Skriflesing: Joh 12:20-36
Teksvers: Joh 20:23,24,28

Jesus Christus vergelyk Homself met ‘n koringkorrel wat vir ons geplant is, sodat deur Sy sterwe, daar vir ons lewe kan wees!
Ons gaan na drie sake kyk:
1 ’n Koringkorrel se doel.
2 ’n Koringkorrel gaan dood.
3 ’n Koringkorrel, vermeerder, tot baie are en koring.

Laai af

« Older posts Newer posts »