Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 328 of 329)

Dankbaarheid teenoor God word geopenbaar in goeie werke!

Skriflesing: Mat 5:13-16
Teksvers: Mat 5:16
Mat 5:13 “Julle is die sout vir die aarde…” Sout het net waarde as dit vars en bruikbaar is.
Mat 5:14 “Julle is die lig vir die wêreld….” Lig moet diensbaar wees anders word dit weggesteek en is onbruikbaar.
Mat 5:16 “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
Ons gaan vanaand na drie sake kyk:
1 Dankbaarheid word openbaar in goeie werke.
2 Dankbaarheid word openbaar in ’n nuwe lewe.
3 Dankbaarheid word openbaar in die verheerliking van God.

ALLES TEN GOEDE!?

Skriflesing: Rom 8:22‑30 en 31‑39
Teksvers: Rom 8:28
Ons leef in ‘n aksie/spanningsvolle tyd. Dinge is aan die gebeur. Mooi dinge en ook vreesaanjaende dinge: Ons hoor byna daagliks van oorloë en die verskrikkinge daarvan. Ook hier by ons is daar die bloedvergieting en
geweld en misdaad. Van besoedeling tot die pestilensies van ongeneeslike siektes, van kindermolestering tot gruwelike korrupsie, van misdaad tot openbare geweld, van valse profete tot ondermyning van alles wat Christelik is, van die selfsugtige eie ‑ ek wat net roem vir homself soek tot magspel van die politici en geldmagnate van ons tyd. En dan is daar nog die daaglikse katastrofes van u persoonlike lewe… Wat hou dit alles nog vir ons en ons
kinders in?

Sola Gratia!

Skriflesing: Efesiërs 2:1-10
Teksvers: Efesiërs 2:4-7

In die Bybel vertoon Hy Homself as die regverdige én genadige God en teken dit vir ons in die simbole van die doop en nagmaal. Hierdie ‘vertoning’ van sy mag en genade is egter steeds net die vóórspel tot die ewige vertoning van sy mag en heerlikheid.
In die tye wat kom… sal Hy net nog meer eer en heerlikheid ontvang omdat Hy ‘n genadige God is! As jy vandag met sekerheid kan sê dat jy ‘n kind van God is en dat jou sondes vergewe is en dat jy ‘n plek in die hemel het… is dit alleen net genade op genade!
Vandag lei ons die derde “Sola” van die Reformasie in. Sola Gratia. Alles is enkel en alleen ʼn genade, ʼn gawe, ʼn geskenk van God!

Luister: 


Laai af: 2017-05-07-0900

« Older posts Newer posts »