Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 327 of 329)

Redding vind plaas alleen deur ‘n ware geloof in Jesus Christus

Skriflesing: Hebreërs 10:32 – 11:2
Teksvers: Hebreërs 10:35 – 39
HK: Sondag 7

Die tweede deel van die Heidelbergse Kategismus (Sondag 5-31) handel oor die verlossing van die mens deur geloof in die volkome en eenmalige soenverdienste van Jesus Christus aan die kruis. Sondag 5 tot 8 handel in besonder oor hoe die mens verlos word van die ewige verderf.
Sondag 7 handel in besonder oor die feit dat nie alle mense gered word deur die soenverdienste aan die kruis nie. Alleen hulle wat met ‘n ware geloof in Jesus Christus glo, word gered. Dit is dan ook hierby waar die bogenoemde Skrifgedeelte in besonder by stilstaan. Geloofsvertroue in Jesus Christus hou groot beloning in. Die wat in Jesus Christus glo, word deur die Heilige Gees in staat gestel om te volhard om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. Die wat deur Jesus Christus vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.
Mag die Heilige Gees jou in staat stel om te volhard in die geloof en ewig te lewe.

Laai af

Aardse Paradys – Sondeval – Hemelse Paradys

Skriflesing: Luk 23:26-49
Teksvers: Gen 1:27,31; 2:8; 3:23,24; Luk 23:40-43; Open 2:7

Kan ons onsself ooit indink hoe moes dit moes gewees het om gekruisig te word? Hoe sou ons reageer as ons saam met Jesus Christus gekruisig moes word? Wat sou ons reaksie wees? Hoe sou dit moontlik wees om daar te hoor dat ons, jy gaan hel toe en jy gaan hemel toe? Ons gaan na drie sake kyk:
1. Die hoë posisie van die mens voor God in die aardse Paradys.
2. Die gevalle posisie van die mens voor God sonder die paradys.
3. Die herstelde posisie van die mens voor God in die Hemelse Paradys.

Laai af

Sola Scriptura!

Skriflesing: 2 Samuel 23:1-17 [Efes 6:10-17 en Heb 4:12]
Teksvers: 2 Samuel 23:10

Wat is jou opinie oor die strydvraag in die susterskerke? Wat dink jy van genadedood? Hoe voel jy oor die nuwe wysies? Wat sê jy van aborsie? So gaan die gesprekke tussen ons mense. So al asof dit werklik saak maak wat my en jou opinie is. Wat saak maak is wat God van die groot vrae van ons lewe sê! En Hy sê dit in sy Woord. Die Heilige Skrif. Die Bybel. Die geïnspireerde Woord van God. Die enigste Kanon. Die maat-reël van ons geloof.
Die vraag in ons gesprekke behoort dus te wees: Wat sê God oor al hierdie dinge? Wat sê die Woord, die Bybel hieroor en daaroor. Dan sal die proses begin waar ons en die die Bybel één word. Ons sê en doen dan, net wat die Here wil/sê! En dit is waaroor dit eintlik in ons tema en in die Woordbediening vanoggend handel. Sola Scriptura. Alleen die Woord!

Laai af

Wat beteken dit om ’n dissipel van Jesus te wees?

Skriflesing: Luk 14:25-35 (1953-vertaling)
Teksvers: Luk 14:26,27

  1. Dissipelskap is nie opsioneel nie. Wanneer Jesus oor dissipelskap praat, draai Hy om en praat met die groot menigte. Dit beteken dat nie net sekere gelowiges nie, maar dat elke gelowige oral en altyd ’n dissipel van Jesus moet wees.
  2. Dissipelskap verander jou agenda. Jesus moet die voorkeur in ons lewe kry. Gelowiges leef nie vir hulle eie agenda nie, maar vir God se agenda.
  3. Dissipelskap is ’n verbintenis. Elke gelowige moet weet dat dit opofferings vra om Jesus te volg. Dissipelskap vra dat gelowiges die somme maak om Hom te volg, en die verbintenis maak om dit te doen.
  4. Dissipelskap maak ’n verskil in die wêreld. Om ’n verskil te maak in die wêreld moet gelowiges nie soos sout wees wat gemeng is met onsuiwerhede nie. Ons moet nie gemeng wees met ons eie idees of ’n wêreldse agenda nie

Laai af

Om die goeie te kan geniet is ’n gawe van God.

Skriflesing: 1 Tim 6:3-21; Spr 30:7-9; Pred 3:11-13
Teksvers: 1 Tim 6:6-10; 17-19; Spr 30:7-9; Pred 3:13

“Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met ‘n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog.” Deut 8:18
Ons standaard van lewe vandag, sou sekerlik as skatryk beskou gewees het in Timoteus se lewe.
Dit is moontlik om:

  • in hierdie lewe ryk te wees en in die hiernamaals arm,
  • in hierdie lewe arm te wees en in die hiernamaals ryk,
  • in hierdie lewe ryk te wees en in die hiernamaals ryk,
  • in hierdie lewe arm te wees sowel as in die lewe hierna arm te wees.

Ons gaan na vier sake kyk:

  • Wees nederig met wat jy van God ontvang het.
  • Vertrou op God en nie op rykdom nie.
  • Geniet wat God aan jou gegee het.
  • Gebruik wat jy ontvang het tot voordeel van jou medemens

Laai af

« Older posts Newer posts »