Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 289 of 328)

2019

Elke nuwe jaar bring nuwe uitdagings, nuwe geleenthede in jou lewe. Dit begin by kinders wat gebore word, kinders wat skool toe gaan, universiteite toe gaan, gaan werk, verlowings, troues, nuwe werke, werksuitdagings, aftredes, sterftes. Elke jaar hou nuwe sake in vir elke mens. Party is lekker en party is nie lekker nie.

Dan is dit ook so dat baie mense nuwejaarsvoornemens het, dit omdat ons as mense die ewige optimiste is met hoop of vertroue dat dit beter sal gaan of soms nie. Nuwejaarsvoornemens word na skatting, in meer as 90% van die gevalle, nie volhou nie. Dit is tog of mense vandag al versigtiger raak met nuwejaarsvoorne-mens omdat die praktyk dikwels wys dat dit net nie volgehou word nie.

Hoe moet ons as Christene oor 2019 dink?

In die eerste plek moet ons altyd onthou dat God se wil sal geskied. God se Raadsplan staan vas. God is van ewigheid tot ewigheid die enigste, ware, lewen-de, getroue Verbondsgod. Wat God bepaal het sal gebeur. Ook wat God toelaat sal gebeur.

Daarom moet ons eerstens oor ‘n nuwe jaar dink as ‘n nuwe geleentheid om steeds in diens van God te staan, tot Sy eer en tot Sy verheerliking. As ons eer-stens dink aan God se wil dan is dit sekerlik die opsomming van die wet wat ons lees in Mat 22:34-44. Dit gaan oor die liefde vir God en die liefde vir ons naaste. Liefde moet met die daad bewys word. Daarom moet ons God dien met alles wat ons is en het.

Om Hom te dien is om aktief Hom te loof en te prys, om aktief te bid, om aktief deel te wees, meelewend te wees met die kerk om myself met alles wat ek is en het aan God toe te wy. Paulus gee ‘n baie goeie opsomming van wat God vir ons wil en wat God van ons verwag in 1 Tes 5:16-24. Mag ons almal onsself opnuut voorneem om ons hele lewe aan God te wy, sodat God meer sal word in ons lewens en ons minder. Joh 3:30

Ds Gerrit

Trane word vreugde

Skriflesing: Jeremia 31 en Matteus 2
Teksvers: Jer 31:15,16 asook Matteus 2:18

In Matteus 2: 16-18 word vertel dat Herodes, toe hy agtergekom het dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, woedend geword het. Daarom het hy sy soldate na Betlehem en die hele omgewing gestuur om al die seuntjies van twee jaar en jonger dood te maak. So het die profesie van Jeremia 31:15 in vervulling gegaan. Daar staan dat daar ’n gekerm vanuit Rama gehoor was, ’n gehuil vol hartseer, want Ragel treur oor haar kinders, sy wil haar nie laat troos nie, want haar kinders was nie meer daar nie.

Teenoor die hartseer van Ragel het die Here egter volgens Jeremia 31:16 gesê dat die treurendes gerus maar stil kan word. Hulle hoef nie meer te huil nie en hulle hoef ook nie meer trane in hulle oë te hê nie! Die Here belowe dat daar teenoor al die swaarkry, ‘n heerlike verwagting sal wees. Die spreekwoordelike kinders van Ragel sal uit die vyand se land terugkom. Ja daar sal ’n toekoms vir haar nageslag wees.

Wat is dit wat Ragel se diep seer, wat sy in Rama ervaar het, in vreugde sal laat kan verander?

Hoe kan daar vreugde in jou lewe wees ten spyte van seer en swaar?

Laai af

Om die Here in Kersfees raak te sien

Skriflesing: Joh1:1-34; Joh 3:3; Eks 33:14 tot 34:10
Teksvers: Joh 1:14

Ons teksvers is seker een van die mees dramatiese woorde wat ooit in die wêreld uitgespreek of gehoor is. Niemand het dit nog ooit voorheen gesê of geskrywe nie en niemand het dit nog ooit weer nagedoen nie. Uniek is dit dus daarin dat die (af)gode van die mensdom nooit so iets sou doen nie. Hulle is té verhewe (transendent) en te magtig en groot en vér. Dit is juis dáárin dat die God van die Bybel, die enigste ware en lewende God, Skepper van hemel en aarde en alles daarin en daarop, so anders is. Daarom dat hierdie stelling van ons teks en die openbaring wat daarin na vore kom so dramaties-uniek en aangrypen-troosvol is. Om die waarheid te sê, dink ek dat dit juis die doel van die hele Godsopenbaring was en is: God maak Homself bekend aan mense en die hele skepping as die God van goedheid en genade. Hy is een wat haastig is om gena-dig te wees en sondes te vergewe. Die vraag is vandag of jy en ek soos Moses en die dissipels in staat is om dit raak te sien…

“As iemand nie weergebore word nie… kan hy…nie sien nie” (Joh 3:3)

Laai af

« Older posts Newer posts »