Skrywer: admin (Page 283 of 328)
Skriflesing: Hand 26
Hoofpunte:
1. Die getuienis van Paulus.
2. Die reaksie van Festus.
3. Die reaksie van Agrippa II
“…Hierdie man kon vrygelaat gewees het as hy hom nie op die keiser beroep het nie.” Hand 26:32
Skriflesing: Lukas 22
Teksvers: Lukas 22:20
Om werklik ons teksvers vandag te verstaan is dit nodig om die gewoontes van die Jode rondom die huweliksbevesti-ging (troues) van destyds te verstaan. Dit is ook nodig om te weet dat die verlowing nie maar net ‘n romantiese afspraak was nie, maar as absoluut vaste beloftes. Dus was dit die eerste stap van die huweliksluiting en kon dus alleen deur ‘n behoorlike egskeiding beeïndig word.
Dit sou vandag nogal belangrik wees om jou verantwoordelikheid as verloofde bruid van Christus hierin te verstaan en daagliks uit te leef, terwyl jy en ek in gespanne afwagting uitsien na die koms (lees: wederkoms) van ons Bruidegom!
Skriflesing: Hebreërs 2
Teksvers: Heb 2:14 en 15
In hierdie Skrifgedeelte fokus die Heilige Gees op die rede waarom Jesus Christus ʼn ware mens, uitgesonder die sonde, soos ek en jy geword het. Jesus Christus het mens geword om deur sy dood die een wat oor die dood mag het, dit is die duiwel, finaal te kon ontkrag. Deur Christus se dood is die duiwel se mag en aanspraak op selfs die dood vernietig. Inderdaad is die “dood” nou vir ons as God se kinders dood. Die dood van die geestelike dood deur Jesus Christus, hou nou in dat elkeen wat uit vrees vir die liggaamlike en geestelike dood, hulle lewe lank in slawerny verkeer het, nou werk-lik in ware vryheid kan leef. Jesus Christus se dood is nie gefokus op die engele nie, maar op die geestelike nageslag van Abraham.
Hy het in alle opsigte aan ons gelyk geword, sodat Hy ons barmhartige en getroue hoëpriester kan wees by die Vader. Daarom nooi Hy jou uit om by Hom vertroosting en redding te kom vind deur jou deelname aan die nagmaal.
Skriflesing: 1 Petr 5:1-14; (Gen 49:10-12; Open 5:5)
Teksvers: 1 Petr 5:8
Is jy elke dag waaksaam en wakker? Is jy waaksaam teen die duiwel, die Satan? Die Satan is elke dag hard besig om die mense en veral die Christene te verlei en te mislei, sodat hulle van God afvallig sal word.
Ons gaan na die volgende sake kyk:
- Satan dink hy is die leeu wat kan oorwin.
- Respekteer Satan, want hy is gevaarlik.
- Herken Satan, hy doen homself voor as die Engel van die lig.
- Weerstaan Satan.
- Christus is die Leeu wat oorwin het.