Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 212 of 328)

Die mooiste Naam!

Skriflesing: Eks 20:7; Lev 24:10-16
Teksvers:  Lev 24:15,16

Ons ken iemand by die naam. As ons praat van Karel of Sarel of Anika of Leonette, weet ons van wie ons praat. As ek praat van die man of die vrou, weet niemand van wie ons praat nie, tensy ons dit binne ‘n bepaalde konteks of storie gebruik.

Maar God, is wat Hy is. God is nie ‘n bietjie so en ‘n bietjie so nie. God is volmaak en volkome wat Hy is. Daarom openbaar God Hom aan ons in die Woord eerstens net as God, “Ek is wat Ek is” Eksodus 3:14.

Daarna openbaar God homself met baie name, maar elkeen is volledig God self. Daarom moet ons God “ken” deur sy Naam met eerbied en respek en liefde te gebruik en nie te verswyg of te misbruik nie.

Erken God daarom deur sy Naam te gebruik en te noem en van Hom te getuig!

Laai af

Christus is ons hoop in teleurstelling

Skriflesing: Matt 26:14-16; 69-27:10; Joh 13:21-38; Luk 22:31-34
Teksvers: Matt 26:75 en 27:5

Teleurstellings is deel van ons lewe wat ons moedeloos en bedroef laat. Maar teleurstellings is wonderlike geleenthede om te groei. Die vraag is dus nie of ons teleurstellings gaan beleef nie, maar hoe ons dit gaan hanteer. Uit die lewe van Moses, Elia, Naomi en andere sien ons hoe geloof weer hoop gee in diepe teleurstellings.

Ons gaan vandag stilstaan by twee dissipels in Jesus se binnekring wat teleurstellings ervaar het. Die reaksie van hierdie twee dissipels is totaal uiteenlopend. Petrus, die rotsman wat so haastig is met die mond, is vinnig om te sê dat hy die Here nie sal verlaat nie, selfs tot die dood toe nie. Maar voor die haan kraai het hy die Here drie maal verloën.

Judas aan die ander kant, gaan doelbewus daarop uit om die Here uit te verkoop en oor te lewer, maar kry ‘n diepe spyt daaroor. Ons kyk na die reaksie van hierdie twee dissipels in die lig van Christus se kruisiging.

Laai af

« Older posts Newer posts »