Skrywer: admin (Page 209 of 328)
Skriflesing: Eksodus 20:12; Efesiërs 6:1-9
Teksvers: Eksodus 20:1
HK Sondag 39
In die vyfde gebod, waar dit oor gesag gaan, is die beginsel wat daargestel word, ‘n baie intieme en bekende verhouding: Eer jou vader en jou moeder!
Gesag begin by hierdie eerste verhouding waarin ons die wêreld binne kom. Jou ouers is die eerste persone wat jy ken. Hulle is die persone deur wie jy in die lewe kom. En hulle is uiteraard die eerste mense met wie jy te doen kry… As ouers is ons nie alleen in ‘n liefdesverhouding tot ons kinders nie, maar ook ‘n gesagsverhouding…
Hierdie gesagsverhouding weerspieël iets baie meer as net ons gesinstruktuur. Dit wys op ons gewilligheid om te leef onder die gesag van ons hemelse Vader. Ons staan stil by die vyfde gebod met die tema: Gehoorsame kinders leef tot eer van God.
Skriflesing: Markus 4:35-41; Markus 14:32-42
Teksvers: Markus 4: 38
Ons lewe in stormagtige tye. Dit raak elke dag moeiliker om sin te maak uit dit wat rondom ons aan die gang is en steeds kom meer en meer inligting deur al die media tot ons ore… meesal nogal slegte nuus. Soms word ons so oorweldig dat ons ook soos die dissipels die Here wil verwyt.
Kyk mooi na die teks en sien dan dat Jesus nie verskoning aanbied omdat Hy heerlik “op die kussing” aan die slaap geraak het nie. Hy was niks bang nie. Hulle was. Hulle projekteer. Hulle verwyt. Hulle verloor perspektief.
Dit is so menslik, so hartseer. Pasop dat jy nie ook jou vinger in God se oog wil druk met verwyte vir die tye wanneer jou perspektief ontbreek nie. Vrees jy God!