Skrywer: admin (Page 207 of 328)
Skriflesing: Ef 5:6-33
Teksvers: Ef 5:21
HK Sondag 41
Wat bepaal die verhouding waarin jy staan? Of dit nou ‘n vriendskapsverhouding, ‘n verlowingsverhouding, ‘n huweliksverhouding of watter verhouding ookal is. Want elke mens staan in ‘n verhouding ten opsigte van ‘n ander. As dit ‘n gesonde verhouding is, is daar omgee en begrip en liefde vir mekaar. As dit ‘n ongesonde verhouding is, is daar krapperigheid en dit kan ook daartoe lei dat die verhouding skipbreuk lei. In die huwelik is Jesus Christus die maatstaf van alle verhoudings. Daarom gaan ons na drie sake kyk:
1 Die begronding van alle verhoudinge. Ef 5:9
2 Die uitleef van alle verhoudinge. Ef 5:16
3 Die resultaat van alle verhoudinge. Ef 5:21
Skriflesing: Hand 8:1-4; 9:1-20
Teksvers: Handelinge 9:15
Magteloosheid wat lei tot ‘n lewe sonder betekenis, bring ‘n gebrek aan waardes waarna jy jouself afsonder en isoleer en uiteindelik vervreem van alles en almal wat bekend is en vir wie jy lief is. Dit is die hartseer verhaal van menige mense die wêreld oor. Mense met stukkende lewens, ‘n verwronge identiteit, gebroke verhoudings, en ‘n hopelose toekoms.
Vir soveel mense, wie se lewens ‘n bloedspoor trap, voel hulleself so vervreem en vuil van die sonde, dat hulle hulleself die genade van God nie waardig ag nie. Dalk voel jy ook jy verdien nie God se genade nie omdat jy te sondig is…
Ons staan vanoggend stil by die lewe van Saulus, wat Paulus word, die vervolger van die Christene wat deur God se genade ‘n tweede kans kry deur sy geloof in Jesus Christus. Amen
Jesus Christus was die enigste Mens wat verdien het om hemel toe te gaan. Ons sê Mens met ‘n hoofletter, want Hy was die enigste Ware God en tegelykertyd Ware mens. Maar juis met sy vertrek na die hemel het daar ook vir ons ‘n ontsettende vertroosting gekom. Dit was die voltooiing van Sy taak, sy dienswerk op aarde. Dit was die vervulling van die beloftes van God. Vir baie mense is die hemelvaart maar net ‘n onverstaanbare gebeure, ‘n vaagheid en ʼn saak wat moeilik is om te verstaan… op wolke na die hemel!
Maar juis in hierdie laaste daad van Jesus op aarde is daar vir ons sekerlik die grootste sigbare troos in opgesluit. Dit het werklik gebeur voor die oë van sy dissipels en Jesus het nie net opgevaar nie, maar seënend het Hy opgevaar. “Terwyl Hy hulle seën…”
Hy seën hulle en daarmee verseker Hy hulle dat Hy hulle onder die troue hand van God stel. Hy verseker hulle dat Hy hulle sou bewaar en versorg. In daardie seënende houding neem Hy van sy dissipels afskeid en word Hy in die hemel opgeneem. Maar dit was nie al nie. Met daardie seënende weggaan het Hy ook bevestig dat Hy altyd vir hulle sou sorg.
Ja, Jesus het nie weggevaar en van die kerk vergeet nie, maar Hy is steeds aktief elke dag besig om vir ons plek te berei. Hy is elke dag besig om vir ons te pleit. Terwyl ons as vreemdeling op aarde, as bywoners op aarde voortleef tot sy eer, berei Hy vir ons plek voor. Want die seën impliseer, en het tot gevolg dat daar ‘n dankbaarheidsaksie van aanbidding by ons as sy kinders is.
Hierdie seën het ook tot gevolg gehad dat hulle Hom aanbid het en met groot blydskap teruggegaan het na Jerusalem. Daarom is daar vreugde in kerkwees, in liggaam wees van ons Here Jesus Christus. Ons is Sy kinders. Hy berei vir ons plek voor. Hy pleit vir ons. Hy het dit vir ons verdien om ook hemel toe te gaan.
Ds. Gerrit