Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 197 of 344)

DIE VOLLE WAPENRUSTING VAN GOD(2)

Skriflesing: Efesiërs 6:10-20
Teksvers: Efesiërs 6:14‑17 

Verlede week het ons gehoor dat ons behalwe ons twee bekende aartsvyande (die wêreld met al sy versoekings en ons eie sondige vlees/geaardheid) ook goed rekening moet hou met die vyand van buite. 

Ons weet van hom, maar slaan dikwels nie genoegsaam ag op sy listige metodes nie. Efesiërs 6 noem sy aanslae “metodias” wat vertaal kan word met “skelm stoeigrepe” (vuilspel). Die duiwel speel maklik vuil in die geveg wat hy met ons het. 

In sy genade skenk die Here God ons die nodige wapenrusting: Die wapenrusting moet net nie in die kas bly lê nie – trek dit aan! Sommer vandag nog!! 

Ds Maarten van Helden

Indikatief, Imperatief, Belofte!

Skriflesing: Matteus 28:1-20
Teksvers: Matteus 28:18-20 

Jesus Christus versamel Sy Eie kerk, die ware kerk. Hy is die Hoof, die prototipe, die Eerste. Maar Hy is ook die Koning. Hy regeer Sy kerk. Dit is nie ‘n demokrasie waar mense self aansluit en dan besluit hoe die Koning aanbid moet word en waarvan hulle hou of nie…! Jy betaal ook nie ledegelde deur jou ramings of bydraes nie…. 

Die kerk is hulle wat gewillig onder die Koninklike heerskappy van die Koning Sy opdragte getrou uitvoer… Ons staan vanmôre stil by die Sendingsopdrag, die bekendste opdrag wat die kerk nie nakom nie. 

Ons kyk na die: 

Indikatief – die stelling – Christus is Koning, aan Hom behoort ALLE mag. 

Imperatief – die opdrag – Maak dissipels – van ALLE nasies. 

– Dopende en Lerende hulle om ALLES te onderhou wat ek beveel. 

Belofte – die versekering – Want Hy is met ons AL die dae tot in die voleinding. Amen 

Ds Lourens Venter 

PEPUDA beswaarskrif

(Last updated on Julie 2nd, 2021)

Die voorgestelde wet (Bill) dien tans voor die parlement. Enigiemand mag beswaar maak teen die wet. Dit moet egter die Departement van Justisie bereik VOOR 30 JUNIE 2021.

U kan ‘n vorm aflaai, invul en aanstuur om u stem te laat hoor. Kliek hieronder om dit af te laai:

DIE VOLLE WAPENRUSTING VAN GOD

Skriflesing: Efesiërs 6:10-20; Jakobus 4:7
Teksvers: Efesiërs 6:10,11 

Die stryd tussen die Bose en die mens is egter ‘n ongelyke stryd: Satan is magtig en het duisende magtige engele wat vir hom werk. Die mens daarenteen is ‘n nietige mens wat nog teen die sondige natuur ook moet stry. Satan sou dus ‘n groot voorsprong op ons hê en maklik vatkans kry. 

God wat almagtig is, het egter in sy genade by ons kom staan deur Jesus Christus. En in sy genade gee Hy ons die volle wapenrusting… sodat ons beslis staande KAN bly tot die einde toe. 

Trek dit aan en bly op jou pos! 

« Older posts Newer posts »