Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 190 of 344)

Die Ewige Vader van ons Here Jesus Christus is ook ons Vader

Skriflesing: Psalm 33
Teksvers: Psalm 33:6, 12, 18, 20-22
HK Sondag 9

Seker een van die belangrikste vrae in jou lewe is, hoe dink jy oor God? Is God vir jou werklik so groot, almagtig dat ons nie anders kan as om in ontsag voor Hom te buig nie, of dink jy klein en aards van God? Maar God is nie ver van ons af nie. God is ook elkeen wat in Hom glo se persoonlike God en Vader. Hy sorg vir jou! Hy is lief vir jou! Hy dra jou elke dag! 

Ons gaan na drie sake kyk: 

1 God is my Skepper v. 6 

2 God is my Versorger v. 18 

3 God is my Beskermer v. 20-21 

God se tranefles

Skriflesing: Psalm 56
Teksvers: Psalm 56:9

Vandag geld in die kerkverband (GKSA) as ‘n algemene dag van verootmoediging van die kerk voor die Here. Ons wil onsself persoonlik en gesamentlik voor die grote God verneder en om sy genade smeek. Dit moet ons doen met trane! Eerlike trane van selfverloëning en sondebelydenis. 

Volgens die psalm van Dawid het die Here ‘n simboliese fles waarin Hy ons trane opvang en bêre om dit heeltyd in gedagte te hou. Die Here ken jou trane! Al jou trane. Self het Hy ook trane oor ons gestort. Gaan met al jou trane na die Here toe. 

Bekeer julle en GLO die EVANGELIE!

Skriflesing: Mark 1:1-15
Teksvers: Mark 1:15
HK Sondag 7 vr. & antw. 22

Jesus preek bekering en geloof.

Jesus se preek het gehandel oor:

  • Die Evangelie van God.
  • Die Evangelie van die Koninkryk.
  • Die Evangelie van Jesus Christus.

Die Apostel Paulus noem dit:

  • Die Evangelie van die Genade van God. Hand 20:24; Ef 2:8,9

Daar is net een Evangelie. (Gal 1:1-9)

  • Hierdie is die Evangelie van wat Jesus Christus aan die kruis vir ons gedoen het. (1 Kor 15:1-11)
  • Maar die feit dat die Evangelie naby gekom het, vra BEKERING. Hand 20:21

Die Rooidag skyn al duidelik! God is voor jou, agter jou en by jou!

Skriflesing: Jes 58:1-14
Teksvers: Jes 58:8

Die helder Môrester skyn al helderder. Die Rooidag is aan die breek. Ons weet die dag gaan aanstons hier wees. Dit is die voorreg wat ons as Christene het. Ons weet dat die wederkoms is naby. Presies wanneer sal ons nooit weet nie, maar ons weet dit is naby. Maar om gerustheid te kry moet ons besef dat ons sondig is, dat Jesus Christus vir ons gesterf het en dat die wederkoms naby is, as Hy ons kom haal om vir ewig by Hom te wees.

Jesaja kry drie opdragte:

  • Die Rooidag moet ons wakker maak.
  • Die Rooidag moet ons tot dade lei.
  • Die Rooidag lei tot die helder lig.
« Older posts Newer posts »