Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 161 of 343)

God se Woord bring lewe!

Skriflesing: Mat 13:1-8; 18-23
Teksverse: Mat 13:20,23
HK: Sondag 7 vr. & antw. 20

Baie keer sê mense:

“Ek wil net ’n saadjie in jou gedagtes plant!”
“Ek wil net ’n gedagte by jou laat!”

Jesus vergelyk nou die verkondiging van die Woord met ’n land wat gesaai word. ’n Boer saai sy land met koring, sodat daar koringplante kan groei. Die koring wat gesaai word, word vergelyk met die Woord wat verkondig word. Die Woord word verkondig sodat dit in die harte van die mense kan grondvat en groei en vrug dra tot eer van God. Maar die grond waarin daar geplant word, word vergelyk met verskillende plekke waar die saad val. Ons gaan na drie sake kyk:

  • God se Woord bring lewe.
  • God se Woord moet aangeneem word.
  • God se Woord laat ons vrug dra.

Die genade-verbond roep tot gehoorsaamheid!

Lees: Genesis 15:1-21
Teks: Genesis 15:8,13,17

Op versoek kyk ons nog ‘n keer na die verbondsluiting van God met Abraham en sy nageslag. In hierdie hoofstuk is die mens die onseker een wat tekens en bewyse soek vir die beloftes van God. Hoe pateties eintlik. God is ewig getrou. Aan sy word hoef ons nooit te twyfel nie. Maar in sy genade gee hy die wat die mens vra. En later volg ook nog die besnydenis (nou die doop as teken van die verbond). Die klem in die verbondsluiting lê eintlik in die genade wat God gee en die die mens wat daardeur opgeroep word tot gehoorsaamheid.

As jy met jou hart glo en jou mond Jesus Christus bely, sal jy gered word

Skriflesing: Rom. 10:1-21
Teksverse: Rom. 10:9

Die Here het aan ons Sy Woord gegee. Die Woord van God, die Bybel, leer ons dat Jesus Christus die enigste ware verlosser is. Hy het Sy woorde in ons harte kom skryf. Sy woorde het tot by ons gekom, in ons hart en in ons mond.

As jy in Jesus Christus glo, en jy bely dat Hy waarlik jou Verlosser is, sal jy gered word.

Geloof red

Skriflesing: Johannes 3:1-21
Teksvers: Johannes 3:14-16

Die sakramente is daar om ons geloof te versterk. Want sonder geloof, kan ons nie tot God nader nie. So baie mense in die moderne wêreld verloor hulle geloof. Moderne wetenskap maak dit skynbaar irrelevant om te glo. God se bestaan word betwyfel en met alles wat geld kan koop, is geloof boonop oorbodig. 

Ons geloof is egter uiters kosbaar, en ons moet dit nie as vanselfsprekend beskou nie. Immers, geloof red. 

« Older posts Newer posts »