Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 149 of 343)

God beskerm sy kerk

Skriflesing: Ps 121 
Teksvers: Ps 121 
HK Sondag 21 vr 54 

Hierdie Psalm is deur die Pelgrims gesing op pad na Jerusalem. 

Hulle het dit gesing om daarmee te erken, God is hulle enigste hulp en hoop. So is die Here vir al die eeue die Beskermer van sy kerk. Die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie. Niks sal God se kerk van Hom af kan wegruk nie. Want wie kan voor God bly staan? 

  • God beskerm sy kerk. 
  • God beskerm sy kerk op aarde. 
  • God beskerm sy kerk tot in die hemel. 

Hoor en sien die vervulling van Pinkster in die nagmaal

Skriflesing: Handelinge 2:1-13; Jesaja 9:1-6
Teksvers: Handelinge 2:2-3

Daar is twee duidelike tekens met die uitstorting van die Heilige Gees tydens die Pinksterfees wat ongetwyfeld herkenbaar is. Die eerste teken is ‘n harde geluid soos ‘n rukwind, wat uit die hemel kom en die huis waar die dissipels bymekaar was, vul. Dit is ‘n hoorbare teken. Die tweede teken wat hierop volg is ‘n sigbare teken, waar vuur uit die lug verdeel en op elkeen van die dissipels gaan sit. 

Waarlik, die volk wat in duisternis leef, het ‘n groot lig gesien. Die teken van die Kind wat gebore is, het verreikende gevolge, dat Hy as wonderbare Raadsman en ewige Vredevors ook die Koninkryk van God hervestig. 

Wintermark vandag 4 Junie

Kom kyk na alles op tafel 21. Advokaat, liggiebottels, warmwatersakkies vir klein mensies, haarbande, kaarte, vetplantjies en handgeverfde potjies ens. Die opbrengs gaan vir Crossroads gevangenisbediening. Bring vet beursies en ondersteun die mooi projek.

« Older posts Newer posts »